Familie vermoed moord op vrou is beplan

Yolandi Botes.

“Sy kon nie net só verniel word en niemand boet daarvoor nie.”

Yolandi Botes (35) is op 26 April omstreeks 06:30 die laaste keer by die Internasionale Lughawe OR Tambo in Johannesburg gesien toe ʼn Uber-bestuurder haar opgelaai het. Haar liggaam is Dinsdag digby die Vaal-vakansieoord by Villiers in die Vrystaat gevind.

Mariska Oosthuizen, een van Botes se susters, het in ʼn boodskap aan Maroela Media gesê die familie gaan deur ʼn baie moeilike tyd.

“Om uit te vind ʼn mens se geliefde is so wreed vermoor en in stukke opgesny, is nie maklik nie. ʼn Mens se kop wil dit nie verstaan nie. Die dinge wat deur jou gedagtes gaan, hoe sy dalk moes smeek, soebat en huil en daar was niemand om haar te help nie, maal alles deur ʼn mens se kop. Hoe kan iemand so wreed wees?”

Botes en haar man, Wietzue, het in Danabaai gewoon en sy het so dikwels as wat sy kon vir haar drie kinders, wat by hul pa aan die Oos-Rand woon, gaan kuier.

Sy het verdwyn kort nadat sy in Johannesburg geland en met ʼn Uber-taxi van die lughawe af gery het. Oosthuizen meen die moord op haar suster was beplan. “Niemand gaan deur soveel moeite om van iemand ontslae te raak nie.”

Oosthuizen en hul jonger sussie is die Dinsdag self na die lughawe om antwoorde te probeer kry. Daar het hulle beeldmateriaal van ʼn kringtelevisiekamera gesien wat wys hoe Botes in ʼn voertuig klim. “ʼn Mens kon die registrasienommer sien, so hoekom het hulle [die polisie] nie die beeldmateriaal gebruik om op te volg waarheen die motor is nie?

“Vriende en familie het ʼn groep begin en ons het hospitale, lodges, hotelle en lykshuise gebel en e-posse gestuur. Haar moordenaars mag nie wegkom hiermee nie.”

Die bestuurder van die Uber beweer glo hy het Botes by ʼn sentrum in Boksburg afgelaai, maar volgens Oosthuizen is daar geen bewyse dat dit wel gebeur het nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Botes nie.

ʼn Pa en sy seun het Dinsdag by die Vaal-vakansieoord visgevang toe hulle iets wat soos ʼn liggaamsdeel lyk in die water gewaar het. Hulle het die polisie na die toneel ontbied.

“Die polisie se duikeenheid het verskeie liggaamsdele in die rivier opgespoor,” het brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, bevestig. Botes is aan ʼn tatoeëermerk uitgeken.

“Haar man vat dit baie sleg, soos ons almal,” het Oosthuizen gesê. “Vir die kinders is dit baie swaar. Hulle het baie vrae en hulle wil hul ma sien.”

Volgens Oosthuizen soek die familie geregtigheid vir Botes.

“My sussie was ʼn dierbare mens wat altyd oor almal bekommerd en besorg was; sy het altyd alles en meer gegee. Haar familie was haar alles. Ons lewe is leeg sonder haar. Ons was elke dag in verbinding met mekaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

So onnodig! Wie is só siek in hulle koppe magtag om iemand in stukke te sny?

Sterkte aan die familie en vriende mag God julle dra in hierdie moeilike tyd!

Reynier Frederik ·

Daar is iets wat ek nie verstaan nie. Ek sal nooit my vrou of suster alleen in ń uber van die lughawe of van waar ook al, laat ry as ek dit kan verhelp nie. Ek weet nie wat die omstandighede was nie, maar iets klink nie reg nie. Baie sterkte vir die familie. Dis verskriklik hartseer.

Johannes Wilhelmus ·

Sterkte aan die famielie, wat n siek ding sal dit aan so pragtigge mens doen? Bring terug die doodstraf….

Johanna ·

Daar was gister ook n ander vrou van Mosselbaai wat geskryf het sy het n dom besluit geneem.en.in n sogenaamde Uber Taxi geklim.. Binne minute hef die werklike Uber Taxi bestuurder haar gebel. Sy het besef.sy is geflous.
Gelukkig was die lughawe verkeer baie besig en sy kon by n “BOOM gate” uitklim en haar tas gryp.en terug loop.

Die SAPOLISIE moet maar die TAXIS veral die een. Wat haar opgelaai het martel tog hy praat..

Dit is baie hartseer. Ons woon in Danabaai en ons is veilig.

Persheks Adri ·

Ek stem saam met jou. Die mense is regtig siek in hulle koppe. Dit raak erger elke dag…

Johanna ·

As die Familie dalk hier lees. Die Dame wat dieselfde UBER ondervinding gehad het se artikel en Naam kan ek vir julle gee..dit us moontlik daf sy dalk die drywer sal kan uitken. Sy het dit 1 dag terug op Facebook.gepost..
Vandag dank sy dalk DIE HERE dat sy gespaar is.. Sy het n n Boom Gate uit fie Uber geklim.

Pablo ·

Die mooi land van ons het so onveilig geraak dat n mens nie eintlik meer jou kop by die deur kan uitsteek nie. Ons huise lyk soos tronke.

Mariaan ·

Swak polisiewerk as ek so luister…nie juis veel moeite is al gedoen met die saak nie…ons is uitgelewer aan hierdie swak dienste!! Sterkte vir die familie..dit is n nagmerrie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.