Familie verpletter ná vragmotorbestuurder se moord

Jan Stickling (Foto: SALTruckers via Twitter)

“Hy sou nie ʼn vlieg skade doen nie. Hy sou die aanvallers al sy besittings gee en hulle nog help om dit in te laai. Waarom hom só doodmaak?”

Só sê Johanna Hattingh (46), die suster van die vragmotorbestuurder, Jan Stickling (58), wat Vrydagaand op die Amersfoort-pad, digby Ermelo in Mpumalanga, deur ʼn groep mans oorval en vermoor is. Sy voertuig het langs die pad met ʼn pap band gaan staan toe die mans hom skielik van agter af oorrompel het.

Stickling het as vragmotorbestuurder vir KRM Plastics gewerk. Hy was die aand van sy moord op pad huis toe nadat hy ʼn vrag afgelaai het.

Maroela Media het vroeër berig Stickling was Vrydagaand besig om die boute van die wiel los te skroef toe die aanvallers hom oorval het. Een van die mans het hom vermoedelik teen die agterkop geslaan en hy het op die grond neergeval. Hy is met skerp voorwerpe doodgesteek. Die aanvallers het Stickling se skoene, bril en vragmotorsleutels gebuit.

Stickling se oudste dogter, Lenél Janse van Rensburg (34), vertel haar pa bestuur die afgelope agt jaar al vragmotors. Hy het voorheen sy eie ambulansdiens in Wolmaransstad in Noordwes gehad. Hy het ook al as speurder op die dorp gewerk.

Die familie probeer om vrede met Stickling se moord te maak.

Lenél Janse van Rensburg saam met haar pa en man, Pieter, op hul troudag (Foto: Verskaf)

“Statistieke is net data, totdat jy deel word daarvan. Moord is net ʼn woord totdat dit jou persoonlik raak,” sê Janse van Rensburg.

Hattingh vertel sy en Stickling se ander broer, Ockert, is erg ontsteld daaroor dat Stickling op so ʼn wreedaardige manier van hulle weggeneem is. “Waarom het die aanvallers nie net die goed gesteel nie?” vra sy.

Hattingh vertel hulle was ses kinders, van wie drie reeds oorlede is. “Nou is ons ouboet Jan ook van ons weggeneem.”

Janse van Rensburg vertel haar pa was ʼn baie hardwerkende man en wou net die beste vir sy gesin hê. Sy sê hy het ook geglo in reg en geregtigheid.

Stickling word oorleef deur sy vrou, Rina, suster, Johanna, broer, Ockert, dogters, Lenél en Janet, en sy kleinkind.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat niemand nog in verband met die aanval vasgetrek is nie.

Afzal Hamed, wat in beheer is van die SA Long-distance Truckers-groep, sê aanvalle op vragmotorbestuurders het die afgelope jaar toegeneem.

Hamed sê een vragmotormaatskappy het verlede week onder drie aanvalle in een week deurgeloop. In een van die voorvalle het die vragmotorbestuurder langs die pad stilgehou om bene te rek toe hy deur aanvallers oorval en aangerand is. ʼn Ander vragmotorbestuurder het tot sy redding gekom.

Twee dae voor hierdie aanval is ʼn vragmotorbestuurder van dieselfde maatskappy met ʼn klip deur sy vragmotor se voorruit bygedam. Die bestuurder het kalm gebly en die vragmotor op die pad probeer hou. “Twee jaar gelede het hierdie maatskappy ʼn bestuurder verloor weens ʼn klip wat deur die voorruit gegooi is,” vertel Hamed.

Hamed sê in die derde voorval is ʼn vragmotor geplunder toe die bestuurder ʼn vrag probeer aflaai. Hy sê deesdae trek plunderaars bestuurders se aandag af deur die vragmotor met voorwerpe, soos klippe, by te dam.

“Dit raak al hoe gevaarliker vir vragmotorbestuurders om langs die pad stil te hou. Hulle word geteiken vir plundering of hulle word gekaap,” vertel Hamed.

Hy sê vragmotorbestuurders kry ook te doen met polisiebeamptes wat hulle wil omkoop. Vragmotors het die afgelope paar weke ook onder betogers in die land deurgeloop.

Hamed sê hoewel aanvalle op vragmotors voor die Covid-19-afsondering reeds begin toeneem het, het die ekonomiese implikasies wat met die afsonderingstydperk gepaardgaan ook bygedra tot ʼn toename in aanvalle op vragmotorbestuurders. “Mense in informele nedersettings sit sonder werk en probeer kos van die vragmotors steel,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

Wit mense in Suid Afrika word vermoor want dit is lekker. Hulle word geslaan, verniel, verbrand en verneder want dit is lekker. Waar is al gelees wat aan ‘n wit boer en familie in die donker ure van die nag gedoen word, die selfde met swart op swart gedoen word? Wit mense moet nie in die hande van inbrekers of aanvallers kom nie want wat daarna gebeur as daar genoeg tyd is, is nie ‘n mooi gesig nie. Drie mense het Sondag seker lekker vir middag ete aangesit, en nooit weer huis toe gekom nie. Wonder of die tafel nog gedek is, en die lekker kos staan nog daar?

Kokerboom ·

Hervorm net eers ons polisiemag. Tans is dit die skaduwee van wat ‘n professionele polisiemag behoort te wees.Alle respek aan paar goeie polisiemanne. Drastiese maatreels nodig om vervoerbedrydryf te beskerm teen ANC boewe

Anoniem ·

Ons land is moreel bankrot en al die moorde op Blankes gaan eenvoudig oor stelselmatige uitwissing, dit het niks met roof om kos te bekom te doen nie. In baie gevalle word ons mense eers vermoor en dan beroof. Hou eenvoudig op om goedhartig te wees, ons bereik absoluut niks, inteendeel dit is eerder ‘n vorm van skulderkenning. Ek gee net aan my eie mense, “charity begins at home”.

Andre ·

As ons doen wat ek nou doen gaan ons niks verrig nie want vandag is dit Andre; more Brenda en die dag daarna Chris en so gaan ons deur die alfabet en begin dan weer. Ons moet nou saamstaan en saamstem en die wereld daarbuite op hoogte bring van die uitwissing van enige iets wat wit is. Selfbeskikking of onafhanklikheid is nou ‘n prioriteit ! Al wat ek kan se is mag jy in vrede rus my medemens en sterkte aan naasbestaandes

ES ·

Andre, ongelukkig weet die mense daarbuite wat hier aangaan, maar hulle kan en gaan niks vir ons doen nie. Selfbeskikking is die enigste uitweg. Die krimineel moet geleer word om sy slagoffer te vrees want geweld is al wat hy ken.

Kompas ·

Dink dit is nou tyd dat ons ook moet opstaan en betoog teen moorde. Stadig maar seker word ons uitgewis. All lives matter!!!

Blikkantien ·

Sterkte aan die familie. Dit was so onnodig gewees.
Dis ‘n jammerte spoorvrag werk nie juis meer nie

capie ·

Ek dink dit is tyd dat vragmotor bestuurders opruk parlement toe

Byekonfyt ·

Sterkte aan sy naasbestaandes vir die pad vorentoe. Mag die Here julle dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.