Familie vra om hulp ná Jhb-man (50) vermis raak

James Clark (Foto: Facebook)

Die gesin van James Clark (50) van Kempton Park in Gauteng is rasend van bekommernis nadat hy sowat ’n week gelede vermis geraak het.

Teresa Cook, Clark se suster wat al bykans 20 jaar in Engeland woon, het aan Maroela Media gesê die gesin het in dié stadium geen leidrade oor waar hy kan wees nie.

Cook sê haar ma woon saam met haar in Engeland, en hul ander suster woon in Perth. Hul pa is ’n geruime tyd gelede oorlede.

“James woon in skuiling vir haweloses in Kempton Park. Een van die mans wat saam met hom bly, het aan die polisie gesê hy het my broer die aand voor hy vermis geraak het, saam met ’n paartjie van die skuiling in ’n motor sien klim. Die paartjie het die volgende dag teruggegaan na die skuiling, maar hy word sedertdien vermis.”

Volgens haar was die paartjie “erg geskok en getraumatiseerd” met hul terugkeer na die skuiling. Hulle het ook glo geweier om te praat of enige inligting bekend te maak.

“Hulle het dieselfde dag nog van die skuiling gevlug en is steeds soek. Hulle is in dié stadium die enigste mense met antwoorde,” sê sy.

Cook sê haar broer se selfoon was aanvanklik net afgeskakel, maar die nommer bestaan glo sedert Woensdagaand nie meer nie. Sy sê Clark ly ook aan erge epilepsie en dit is lewensnoodsaaklik vir hom om sy medikasie te neem.

Die familie het ’n vermiste persoon-saak by die polisie aanhangig gemaak en ook die hulp van Pink Ladies, ’n organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, versoek. ’n Privaat speurder is ook Woensdagaand deur die gesin aangestel om te help met die soektog.

Enigiemand met meer inligting word versoek om Dessie Rechter van die Pink Ladies te kontak by 072 214 7439 (nasionale noodnommer) of per e-pos by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ekke ·

Nou hoe bly ‘n siek mens in ‘n plek vir haweloses as hy familie het. Dis hartseer dat hulle so ver weg van hom af is, hoe moet hulle nou uitvind wat het van hom geword.

snoefie ·

ek kan net dink waardeur die familie gaan. maar regtig….. ek hoop voor die Vader dat ek nooit my broer in n skuiling vir haweloses sal los nie.

Kan nie verstaan nie ·

Ons ken nie al die besonderhede nie…..maar suster en ma bly in Engeland……ander suster in Perth…….die broer wat vermis is….n hawelose man…….kon julle maar nie julle broer gehelp het om ook te gaan waar julle is nie. Daars mos seker baie meer werks geleentheid en veiliger ook. Miskien is dit dalk nie iets vir my om te bevraagteken nie…ek wonder maar net. Ek hoop rerig dat hy veilig sal terug keer.

jaco ·

dis klaar bitter moeilik om werks- en verblyfpermitte in daardie lande te kry. hulle reels is ook streng oor wie jy mag saambring. mediese gevalle soos hierdie man sal bitter moeilik daar kan inkom en aanbly. Daardie lande is BAIE BETER as SA waar buitelanders sommer oor die grens stap en dan bly en bly en bly en bly.

Kan nie verstaan nie ·

So eks nie die enigste een wat dink dis so verkeerd nie. Ek sal dit nooit oor my hart kan kry om my siek broer net so te los in n plek vir hawelose mense nie.

Anne ·

Sal ook nie die hart kan he om my broer so te los en land uit te gaan nie .

Alida ·

Ek stem saam met almal hierbo. Hulle verdien £ en $ en hy bly in n skuiling. God slaap nie.

heksie ·

Dit is nie meer ‘n kind waarvan ons praat nie, hy moet verantwoordelikheid vat vir sy eie lewe…
Jy weet nie hoe hard hierdie susters dalk moet werk vir hul £ en $ nie. Moenie oordeel as jy nie in hul skoene staan nie.

Adele ·

Ag asb ek het my pa gevra of ek in sy stoor kan slaap vir twee maande en hy het gese nee…..in hierdie lewe is dit almal vir homself…daar is min families wat mekaar nog help.

kenvan ·

Jip… ek was met babaseun op straat of moes kans waag dat daar weer probeer word om ons lewens te neem… my ma het geweier om my en baba slaap plek te verskaf, al het sy drie slaapkamers oop gehad. Sy wou nie glo hy sal ons iets aandoen. Ons het in my kar gebly meerendeels. Vandag is ek danksy genade weer op my voete. Maar ek weet ek sal nie dieselfde teenoor die kan doen, wat dit aan my gedoen het. Mens word sag agv harde leer skool

heksie ·

Dalk nie ‘n geval dat hul hom daar gelos het nie, hy is ‘n volwasse man wat sy eie lewensbesluite moet/kan neem. As dit is soos my broer waar hy besluit het om sy familie en kinders “af te skryf” ter wille van sy alkoholisme en sy nuutste vrou omdat ons probeer help het, is daar net soveel wat mens kan doen. My broer woon skaars 15 km van my af, maar het my weg gegooi omdat ek hom deur sy werk gestuur het vir rehab in ‘n poging om sy lewe te red. Hy het daarna uit sy werk bedank en sy “vrou” het hom vroeg uit rehab uitgeteken. Alkohol werk nie saam met medikasie vir hoë bloeddruk, diabetes en hart probleme nie. So dink hieraan voor jul die familie oordeel. My broer en sy aanhangsel het my Ma na ‘n vroeë graf gestuur met hul “volwasse” besluite!

Sonskyn ·

Ek stem saam met jou Heksie… ek sit in dieselfde bootjie met my boetie, sussie en Ma. ‘n Mens kan net mense help wat hulp aanvaar. Die mense wat so oordeel moet net onthou dat hulle nie weet wat die omstandighede is nie. Dit is vir my soms bitter moeilik om my rug te draai, dat ek myself saans aan die slaap huil, maar as ‘n enkel mamma met twee kinders, kom hulle beslis eerste! En soos jy genoem het, hulle is volwassenes wat self hulle omstandighede veroorsaak het.

Omgee ·

Dis waarom die westerse samelewing oorgevat word deur mense van elders. Ons help mekaar nie.

lindie ·

Gou gou om te oordeel
Family Bly al 20 jaar oorsee … So Hy was 30 jaar old toe hulle daar Gaan Bly het
En julle weet nie wat is die storie nie ….

Wiltrud ·

Daar is gister `n man se liggaam in Pretoria (ek dink Pretoria Noord rond) gevind; ek onthou net iets van `n rooi broek wat hy aangehad het. Is dit nie dalk hy nie?

LS ·

Asseblief mense, NIEMAND ken hierdie mense se omstandighede nie !!!
Die feit dat hulle bekommerd is oor hom en vir almal te vra vir hulp in die soektoeg is genoeg bewyse dat hulle wel omgee vir hom!!!

BOU NOU ‘N NASIE MET SO ‘N VOLK !!!

Bekommerd ·

Is dit nie dalk hy wat hulle in Pta gekry het nie het mos gese n wit man in sy 50 of hoe wonder net

vrikie ·

MM sal ons seker in die nabye toekoms laat weet of dit dieselfde persoon is

Karen Morrice ·

My written Afrikaans is no good which is why I’m responding in English, but I understand everything that has been written above. I am a friend of the family & although it is not my place to speak out in their defence, I felt the need to. Thank you to those that have given support & as many of you have said, no one understands others circumstances, or know any of the details. You don’t need to, so there should be no judgement here. All they are asking for is your help. They love their brother & Son very much & are doing all they can right now to find out what has happened to him. They have always been supportive. As you can imagine, it is distressing for them to read some of the above comments when they are very far removed from the truth. They understand this will happen when making this public, but it is still hurtful & upsetting. Please make this all about positivity & save your negativity for behind closed doors. The body found in Pretoria is not James, and the investigation continues. Many thanks.

Omgee ·

Thanks Karen for your feedback. My heart goes out to,the family. I hope he will be found safely soon. Sorry for my insensitive comment. Im upset that one of the main reasons why families are broken up in our country is because we are not welcome in our own country anymore and family members who do get the opportunity to get out have to do so, but unfortunately it is not possible or very difficult to take all your family along. I myself sit in this same situation where i wish i could be close to my people but it simply is not possible.

Karen Morrice ·

Omgee – thank you for the apology. Kind Regards, Karen

John Smith ·

Ek kan nie verstaan waarom mense die familie aanval waneer hulle alles doen wat hulle kan om hom te vind deur hierdie nuusverhaal te gebruik nie. Wat belangrik is, is dat hulle hom kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.