Familie wag 11 uur langs liggaampie ná tref-en-trap

Die oorgang waar klein Mtshidzi Ngwenya doodgery is. (Foto: Bernard Chiguvare/GroundUp)

Bernard Chiguvare, GroundUp

Die familie van ʼn driejarige kind wat in ʼn tref-en-trap-voorval in Limpopo doodgery is, moes ure lank langs klein Mtshidzi Ngwenya se liggaam wag nadat die kind langs die pad gesterf en die departement van gesondheid se patologiediens ure geneem het om op te daag om die liggaam te verwyder.

Mtshidzi se ma, Princess Muleya, is ook tydens die voorval beseer en is na die Musina-hospitaal vir behandeling geneem. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag na die voorval op 31 Julie.

Hoewel ʼn ambulans vinnig op die toneel was, het die kind se liggaam tot ná middernag langs die pad gelê terwyl daar op die patologiediens gewag is, sê Priscilla Muleya, die familie se woordvoerder.

Die motoris het na die ongeluk van die toneel gevlug, maar inwoners van die gebied het die persoon gevang en na die toneel teruggebring. Sy voertuig is daarna aan die brand gesteek.

“Dit was onmenslik om die liggaam, toegegooi in plastiek, vir amper 12 ure te laat lê. Ons het met die polisie probeer onderhandel om die liggaam met ʼn kombers toe te maak, maar hulle het ons nie toegelaat nie,” sê Muleya.

“Dit was ʼn marteling vir die familie om te sien dat die liggaam net nie gehaal word nie. Ons het by die liggaam gebly tot dit in die oggendure kom haal is,” sê sy.

Jacob Matakanye, direkteur van die Messina-regsadvieskantoor, stem saam dat dit ʼn absolute marteling vir die familie moes wees. “Ons wonder waarom daar geen patologiediens geredelik beskikbaar in Musina is nie.”

Matakanye sê as patoloë traag is om te reageer, kan families moontlik besluit om die liggaam op hul eie te gaan haal. Dit is egter onwettig en iemand kan in hegtenis geneem word wat met ʼn liggaam peuter, waarsku hy.

Die LUR vir vervoer in Limpopo, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, het motoriste gemaan om bedag te wees op voetgangers en hul spoed te verminder. Sy het ook ʼn beroep op mense gedoen om nie die reg in eie hande te neem nie.

GroundUp het meer as ʼn week lank herhaaldelik – maar onsuksesvol – probeer om kommentaar van Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Noordwes, te kry.

Die berig het oorspronklik op GroundUp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sarel ·

Iemand moet antwoord…dit help nie mense word gewasrsku om. Nie die reg in eie hande teneem wanneer
Die Staat nue sy plig nakom.nie

Blue Butterfly ·

Tragies en skokkend. Dit moes traumaties gewees het om so lank te moes wag.

Persheks Adri ·

Onaanvaarbaar dat hulle so lank vat om ‘n lyk te gaan haal! Ek kan myself nie in dink as dit my kind was nie die hel sal los wees!

Tanniepetoors ·

Absoluut, absoluut onaanvaarbaar en onvergeeflik! Hoe kan die SAPD weier dat die liggaampie bedek word? Hulle en die nooddienste behoort te alle tye liggaamsbedekkers in hul voertuie te hê vir noodgevalle.
Cele en Phaahla beter baie vinnig antwoorde en oplossings kry vir hierdie faux pas. Ek hoop iemand help hierdie hartseer mense om ‘n groot eis in te stel teen beide die SAPD en departement gesondheid.

Yvonne ·

Die tipe gedrag is so in stryd met menslikheid…bitter tragies

Debbie ·

Paar jaar gelede op ou kers aand is my beste vriend oorlede in my badkamer van hart aanvalle. Sy lyk het op my badkamer vloer gele vir ure na die ambulans weg was vir hulle om hom te kom haal. Wil nooit weer deur so iets gaan nie. Ongelukkig is dit nou die diens van ons land

Micheal ·

En nou het hulle die voertuig aan die brand gesteek so alle bewys stukke is vernietig, ai as hulle maar net n bietjie dink voor hulle alles wil vernietig.
Sterkte aan die ouers

Karina ·

Dit is onaanvaarbaar, dit is traumatiese om ‘n kind aan die dood af te staan, dan vir ure langs die pad langs die liggaampie sit voordat dit verwyder is? Nee hierdie mooie land van ons raak nou ‘n duiwels land. Dit is a baie ontstellende artikel die, hoop die skuldiges word vasgevat. Onmenslikheid!!!!

JohanR ·

My gooiste maar hierdie land val vinnig inmekaar! Moet nog net die dood sertifikaart uit maak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.