Familie wag dat Baba Isabella wakker word

Isabella Stark se longe het Maandag platgeval. (Foto: Facebook)

Die 14 maande oue Isabella Stark van Ermelo, Mpumalanga, wie se longe platgeval het toe stukkies fyngemaalde neute daarin beland het, se verdowing is Vrydag gelig. Sy is egter nog nie wakker nie en die familie hoop en bid dat sy oor die naweek nog haar oë sal oopmaak.

Isabella is tans in die pediatriese intensiewesorgeenheid van die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg. Sy is aan ʼn ventilator gekoppel.

Athol Stark, Isabella se oupa, vertel ná dokters haar verdowing gelig het, het die intrakraniale druk (ICP) verhoog.

“Die Stark-familie het in daardie oomblik almal hande gevat en vir haar gebid en haar ICP het onmiddellik gedaal. Sy is nou stabiel,” vertel Stark aan Maroela Media.

Isabella se lyfie was deur die week warm gemaak ná haar liggaamstemperatuur afgebring is. Volgens Stark was haar liggaamstemperatuur teen Vrydag 36 °C.

Volgens Stark gaan dokters haar Sondag weer probeer wakker maak indien sy nie voor dan vanself wakker word nie. Sy moet egter haar lyf begin beweeg sodat hulle haar kan wakker maak.

“Sy het nog nie haar lyfie beweeg nie, maar dit kan wees omdat daar nog van die verdowingsmiddel in haar liggaam is. Nou moet ons net wag en bid.”

Maroela Media het vroeër berig Isabella het Maandag aan fyngemaalde neute geloop en kou toe sy geval het. Sy het haar asem diep ingetrek toe sy wou begin huil en met dié het daar stukkies neute in haar longe beland. Haar longe het gevolglik platgeval en sy het ophou asemhaal.

Isabella moes ʼn twee ure lange operasie ondergaan om haar longe skoon te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marietjie ·

Ek Bid saam dat hierdie pragtige kind sal wakker word en ten volle sal genees

Naomi ·

AMEN Ons almal bid saam dat die engeljie sal wakker word en net weer normaal sal wees dink aan jul hele familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.