Familie wou oupa se verkragting wegsteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sewejarige dogter is van haar gesin weggeneem nadat familielede die feit dat sy deur haar oupa verkrag is, wou wegsteek.

“Die verkragting het verlede week in Mthunzini aan die KwaZulu-Natalse noordkus plaasgevind,” het Ncumisa Fandesi, woordvoerder vir die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling, gesê. “Die ou man het haar en haar maats glo na ʼn rivier agtervolg waar sy water moes gaan haal. Hy het haar maats weggestuur en haar in die bosse verkrag.”

Toe die meisie nie terugkeer nie, het haar ma na haar gaan soek en sy het met haar onderklere in haar hand uit die bos gestap gekom.

Fandesi het gesê die ma het die voorval by die dorpie se ouderlinge aangemeld, maar hulle het glo probeer om die voorval as nietig af te maak.

Maatskaplike werkers het van die voorval te hore gekom en dadelik ingegryp. Hulle het die meisie se ma gehelp om die voorval by die polisie aan te meld.

Weziwe Thusi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het sy skok oor die voorval uitgespreek. “Ons wil families en die publiek daaraan herinner dat ʼn verkragting nie ʼn familiesaak is nie, maak nie saak wie is die oortreder nie,” het hy gesê. “Geen skadevergoeding kan ʼn verkragting aanvaarbaar maak nie, en verkragting, veral kinderverkragting, is ʼn afskuwelike misdaad wat aangemeld moet word sodat die oortreders vervolg kan word.”

Kol. Jay Naicker, woordvoerder vir die polisie, het bevestig ʼn saak is aanhangig gemaak. Hy het gesê die polisie is op soek na die oupa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Julle is almal net so skuldig soos die Oupa. Barbare!! Julle sal julle straf kry.

Elizabeth ·

Hierdie tipe van dinge en die wegsteek daarvan gebeur daagliks in die “rural’ areas glo my! Absolute skande!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.