Familiebraai eindig tragies

Sedgefield se strandmeer. Argieffoto: wikivillage.co.za

Sedgefield se strandmeer. Argieffoto: wikivillage.co.za

ʼn Familiebraai het tragies geëindig toe ʼn 40-jarige man van Sedgefield in die Wes-Kaap in die plaaslike strandmeer verdrink het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het Dinsdag gesê die voorval het Sondag omstreeks 14:30 plaasgevind.

“Bemanning is na die strandmeer ontbied nadat die man tydens ʼn familiebraai gaan swem en onder die water verdwyn het,” het hy gesê.

ʼn Volskaalse soektog is deur bemanning van NSRI Wilderness, die polisie se duikeenheid, die plaaslike buurtwag en paramedici van ER24 van stapel gestuur.

Polisieduikers het die man se liggaam opgespoor en uit die water gehaal, waarna die man deur paramedici dood verklaar is.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die man se naam is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Vra net. ·

En toe kon die duikers die man se oorskot baie vinnig kry!!! Maar die vrou in Capital Park wat in die apies rivier se vloed weggeraak het die is nog skoonveld. Wonder maar net wat word van die storie.

Vra net. ·

En die man se oorskot kon baie vinnig opgespoor word deur die duikers, maar die vrou in Capital Park wat in die apies rivier vloed meegesleur is , is nog steed weg. Wonder wat is die storie agter dié storie.

Fritzo ·

Want met n vloed kan n lyk binne ure in die see wees. Van die Laingsburg vloed slagoffers se lyke is later in Mosselbaai gevind. Die meer is nie in vloed nie.

Aai ·

Vra net – regtig – dink vir jouself …. in ‘n vloed is daar sterk strome wat boomstompe kilometers ver meesleur…. in ‘n meer kan mens aanvaar daar is nie so ‘n sterk stroom nie…. die familie weet mos nou waar het hy geswem en dit is dan waar jy soek.
Simpatie aan almal wat vir hom lief was en omgegee het.

Wil jy nou meer ·

Aai en Magda. Daar is niks fout om te wonder wat van die vrou geword het nie. Onthou die rivier het lankal gesak en is terug na normaal. En al is daar hoeveel gemors en opdrifsels is dit nou maklik genoeg om iemand op te spoor. Natuurlik het ons almal simpatie met die familie veral met die kers seisoen op hande.

Anoniem ·

Regtig julle regtig… Al die voorvalle in ons land is tragies… Het een van julle al gan sit en gewonder hoe daai mense se famielies moet voel??? Om gevind te word is nice want dan het hulle berustig maar wat van die vrou wat nog nie gevind is nie hoe moet haar mense voel??? Sit julle vir eendag in daai mense se skoenne dan praat julle weer… Julle het nie n idee hoe dit voel nie…

Hokaai stop die lorrie ·

Annoniem. Klaarblyklik weet jy hoe dit voel…. ‘n persoon kan net solank vermis wees as wat hy nie gevind wil wees nie. En buitendien het menige sulke gevalle ‘n aaklige nasmaak.

Andre ·

n Hele ruk gelede was daar so verspoeling by Klein Kariba waar daar ook n dame weggespoel het. Is sy al ooit gekry ?

Klip in die bos ·

Ja dit is ‘n goeie vraag. Wens MM wil bietjie meer opvolg artikels oor sake gee. Daar is heelwat sake om net ‘n paar te noem. Die man wat in die masjien beland het is ook so geval. Wat weet ons van hom af. Komaan Maroel Media moenie net nuus gee en nie opvolg werk doen nie.

Bonnita ·

Sover ek weet is al die slagoffers van die Lainsburgvloed ook nie gevind nie.

ouma ·

Bonnita goed gesê ek het nog aan die regte woorde gedink vir die stadige mense toe is ek ok stadig uit die perd se bek

Sê maar net. ·

Fritzo, die apies rivier loop nie in die see in nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.