Familielede sterf op pad na troue

Die ongelukstoneel op die N2. (Foto: Twitter/ Arrive Alive)

Ambulansdienste van KwaZulu-Natal het Donderdag gereageer op oproepe oor ʼn ongeluk op die N2 naby Mposa in KwaZulu-Natal.

Die ongeluk tussen ʼn vragmotor, ʼn bakkie en sportnutsvoertuig het net ná 06:00 plaasgevind.

Vyf mense is op die ongelukstoneel dood verklaar. Nog drie mense is kritiek beseer en nog een het ernstige beserings opgedoen. “Die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn hospitaal vervoer is,” volgens ʼn woordvoerder van Arrive Alive.

Die ongelukstoneel op die N2. (Foto: Twitter/ Arrive Alive)

Volgens Times Live was vier van die oorledenes lede van dieselfde familie wat op pad was na ʼn troue toe die ongeluk plaasgevind het. ʼn Ooggetuie het aan dié nuusdiens gesê die bestuurder van ʼn bakkie het beheer oor sy voertuig verloor en voor ʼn vragmotor ingery. “Die vragmotor het uitgeswaai en ʼn sportnutsvoertuig, waarin die vyf lede van een familie gery het, getref.”

Een van die kritiek beseerdes is die enigste oorlewende insittende van die sportnutsvoertuig.

Volgens die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) is die pad in albei rigtings vir verkeer gesluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Misky ·

Sjoe, dis bitter hartseer en dubbele hartseer slag vir die familie met die troue en so kort voor kersfees boonop. Innige simpatie aan almal wat hierdeur geraak word.

Johannes_64 ·

Weer een van daai dik dubbel wit lyne in die pad. Omtrent al die erge ongelukke het dit in die fotos. Die agbare minister moet dit van die paaie begin verwyder, blyk ‘n erge gevaar te wees vir die publiek se veiligheid.

Perdeby ·

As jy die berig gelees het sou jy gesien het die bestuurder het beheer oor sy voertuig verloor en met die trok gebots wat weer op sy beurt probeer uitswaai het, en toe in die SUV vas gery het. Vir my maak dit heel te mal sin wat gebeur het, en dit was iemand wat gesien het wat gebeur het.

Perdeby ·

Nee glad nie dit was ‘n ongeluk gewees, lees weer die berig, die trok het uitgeswaai vir ‘die bakkie bestuurder wat beheer verloor het, en toe die SUV getref het.

JM ·

Wat gaan aan dat bestuurders beheer oor hul voertuie verloor? Óf hul aandag is nie op die pad nie, óf hulle het nie geldige bestuurderslisensies nie. Daar gebeur net te veel “ongelukke”. Té veel motoriste bestuur roekeloos en traak-my-nie-agtig en onskuldige mense boet met hul lewens!! Baie bestuurders jaag soos maniakke en verontagsaam verkeersreëls.

Perdeby ·

Gaan vra hulle as dit jou so pla, want sulke ongelukke gebeur wel, die voertuig kon ‘n band gebars het vir al wat jy weet.

Skappie ·

Jammer aan die naasbestaandes van die mense wat oorlede is. Mag onse Liewe Heer julle deur hierdie moeilike tyd dra.

Mariaan ·

Ag neee…dis hartseer….en so moet ons almal nog ons lewens op hierdie paaie waag…ek al te bang om verder as die spar te ry….ons paaie vol slaggate en roekelose bestuurders…jammer vir hierdie arme familie

Magda G ·

Spoed, geduld en dan bestuur party mense met selfoon in die hand. Dis tragies.

Waarnemer ·

Tragies…..volg eerder die veilige roete…bly tuis oor die kers seisoen .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.