Familielede wil onwettige myners self red

Argieffoto van onwettige mynbedrywighede (Foto: Jennifer Bruce/ZUMA)

Argieffoto van onwettige mynbedrywighede (Foto: Jennifer Bruce/ZUMA)

Die familielede van onwettige mynwerkers wat in ʼn ongebruikte mynskag in Langlaagte in Johannesburg vasgekeer is, het Maandag die polisie gesmeek om hulle toe te laat om ondergrond te gaan om hul geliefdes te red.

Pogings om die myners te red is Sondag onbepaald gestaak nadat ʼn brand diep binne die skag ontstaan het wat gevaarlike vlakke van koolstofmonoksied veroorsaak het. Daar word beweer dat ʼn onbekende aantal onwettige myners Woensdag die skag binnegegaan en nie weer teruggekeer het nie. Nog 16 mense is die volgende dag agterna om na hulle te gaan soek, maar slegs agt van die “reddingspan” het weer uit die skag gekom.

Sondagoggend is drie van die onwettige myners gered en twee van hulle is op die plek in hegtenis geneem. Die derde een is na ʼn hospitaal geneem. Die vasgekeerde myners se families bly sedert die aanvang van die reddingspogings by die ingang van die skag in die hoop dat hul geliefdes gered sal word.

Die SABC het berig dat nog drie werkers Maandagoggend self uit die skag gekom het, maar toe van die polisie probeer vlug het. Van die onwettig myners wat in hegtenis geneem is, het glo aan die polisie gesê daar is nog myners lewend ondergrond.

ʼn Familielid van een van die myners het met kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, probeer onderhandel om hulle toe te laat om hul familielede te gaan red. “Hierdie reddingspersoneel weet nie van ondergrondse werk nie. Ons is ontsteld, want ons wil afgaan en ons broers dringend gaan red omdat ons weet hulle is lewend daar onder. Ons wil net hê die regering moet ons toelaat om dit op ons eie te doen, dis al,” het die man, wie se naam nie bekend is nie, gesê.

Mosebenzi Zwane, die minister van minerale hulpbronne, het Maandag die skag besoek om die situasie te evalueer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Scalla ·

Hulle moet dan deel wees van die onwettige bedrywighede, hul weet presies hoe dit daar onder lyk, laat hul gaan help

Jakes ·

Die myners WIL lyk my werk!
Die groot mynhuise wat so geraak word deur stakings nie hul in diens neem?

Manie ·

Ek het geen simpatie vir die mense. Hulle is n klomp kriminele wat plunder net soos die renoster en perlemoen stropers. Ek soek ook nog geld maar gaan steel nie iemand anders se goed om meer geld in die hande te kry. Ek het al lankal gesê hoekom tree die owerheid nie op teen hulle want dit was n ramp wat gewag het om te gebeur

T ·

Die ding is hulle myn onwettig, nou moet polisie manne hulle lewens in gevaar stel om hulle te red, dis ook nie reg nie, mens moet darem dit ook verstaan. Hulle doen goed wat hulle weet hulle nie mag nie en nou moet ander mense hulle lewe op prys stel moontlik vir hulle.

Theresa ·

Wat soek hul daar? Nee. NIemand anders moet hul lewens waag om die mense te gaan soek nie. Hul hoort in die eerste plek nie daar nie. Ook nie in die land nie. Dit wemel van onwettige oor die grens lopers (want dis nie meer moeilik nie). Wanneer ruk die regering op hierteen?!

E ·

Kan die regering dan nou nie opereer en werk skep as daar wel iets is nie. Hul beloof werk maar sit agteroor in hul vetterigheid. Dis ń skande.

Burger ·

As my seun daar was , het ek my naels uit my hande gegrawe. Dit moet die ergste wees om heeltyd daardie vrees te he van wanneer die dood kom. Help hulle asb.

Lalla ·

As jy jou met onwettige aktiwiteite wil besig hou, moet jy kan vat wat met jou gebeur ook. Net soos die mense wat kamstig “onwetend” dwelms smokkel. As die gereg jou vang moet jy maar jou pakslae vat. Wil nie vir ‘n salaris werk nie, want dink hulle gaan skatryk word vanself.

John ·

Maak al die ou skagte behoorlik toe. Hoekom is daar soveel toeganklike gevaarlike gange? Dit kos duisende rande om sulke reddingsaksies uit te voer, wat nog van lewens in gevaar te stel.

Jaco Grobler ·

Daardie mense myn oral, selfs in die veld as daar ‘n nietige neeslag is. Hulle grou nuwe tonnels en versteek die ingange. Ek dink die beste oplossing is die ontplooing van die weermag vir so paar maande, oorvloed eenvoidig die area met patrollies, em stel dan ‘n permanente taakspan aan met goeie toerusting om nuwe besettings te voorkom.

Ben Prinsloo ·

Laat hulle op eie risiko ingaan, veral as hulle bereid is.

MM ·

Is reg gaan help hulle asb, want julle mors ons mediespersoneel se tyd wat hulle baie beter kan gebruik.

REAList ·

Minister Zwane het vertel daar is al 200 skagte geseël. Ek sal graag wil weet hoeveel ou myne is nog oop en hoekom. Dis die departement van Mineraal en Energiesake se verantwoordelikheid.
Om die onwettige myners nou uit te kry is so goed as om selfmoord te pleeg. En dit sal ons mynreddingspanne nie doen nie.
Daar is niks ventilasie ondergronds nie.
So as hulle eie mense hulle wil gaan probeer kry moet hulle maar die kans vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.