Familielid gevonnis vir moord op ma, vyf kinders

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 22-jarige man is vandeesweek swaar in die Durbanse hooggeregshof gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die wrede moord op sy tannie en haar vyf kinders.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die skuldige, Tsepang Mokhali (22), is Dinsdag gevonnis vir die grudaad wat hy in Desember 2012 in die Umzinyathi-omgewing in Inanda gepleeg het.

“Op 29 Desember 2012 om 06:00 het die oorlede vrou se man haar probeer bel, maar sy het nie die foon opgetel nie. Hy het later sy broer gevra om te gaan ondersoek instel. Sy broer was by die vrou se huis, maar het gesê niemand was tuis nie. Die man het besluit om self huis toe te gaan om ondersoek in te stel. Toe hy tuis kom en die deur oopmaak het ʼn grutoneel hom begroet,” het Gwala gesê.

Sy vrou, Nobuhle Leneha (38), en hul vyf kinders, Khalalelo, Tumelo , Karabo , Takiso en Bobora, tussen 3 en 14 jaar oud, was vermoor. Nobuhle se liggaam is in die sitkamer met ʼn geweerskoot aangetref. Die kinders se liggame is in die badkamer aangetref waar hulle almal met verskeie steekwonde aangetref is.

“ʼn 14 maande oue baba het die aanval oorleef maar was erg gedehidreer toe die pa daar opdaag.”

Die polisie is dadelik ontbied en daar is vasgestel dat ʼn bedrag geld en Nobuhle se selfoon gesteel is.

Mokhali het ná die voorval landuit na Lesotho gevlug. Puik speurwerk deur speurders van die Inanda-polisie het tot sy inhegtenisneming in Desember 2013 by die Lesotho-grenspos gelei.

Tydens die hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat Nobuhle en die kinders vir haar stokvel-geld vermoor is.

Mokhali is tot ses keer lewenslange tronkstraf gevonnis met ʼn bykomende 12 jaar vir roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel Strydo m ·

6 x Lewenslank maar word gelyktydig uitgedien so effektief net 25 jaar. Hy ws in Desmber 2013 gearresteer maar no eers gevonnis. Hoekom duur hierdie sake so lank?

Cherokee ·

En ek wed jou hy gaan afslag kry vir die tyd wat hy reeds sit.

Bokkie ·

Die hofrolle is te vol.Dit is hoekom dit so lank neem om iemand te vonnis.En mens lees baie keer dat n persoon volgende jaar erens in die hof moet verskyn

sarie van heerden ·

Hoop hulle stuur die moordenaar Lesotho toe vanwaar hy kom sodat hy op hulle ‘n finansiele las kan wees en nie op ons in die Republiek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.