Familielid kom op vrou se liggaam af

Argieffoto: Kent Williamson

Die liggaam van ʼn 59-jarige vrou is Donderdag in haar huis in Upington in die Noord-Kaap aangetref.

Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Susan Smit se liggaam is omstreeks 17:15 in haar huis in Groenpuntweg in Keidebees aangetref.

Volgens hom het ʼn familielid op haar liggaam in haar slaapkamer afgekom.

Sy het alleen in die huis gewoon.

“Sy het vermoedelik ʼn skietwond aan haar kop gehad en is op die toneel dood verklaar,” het September gesê.

Die polisie het beslag gelê op ʼn rewolwer.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word deur die speurtak van die Upington-polisie gedoen.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Clive Maasdorp by 082 558 8027 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

kas ·

Dit klink nie vir my of daar enige gemenespel betrokke was nie.Ek twyfel of aanvallers die vuurwapen sou gelos het.

Selfbeskikking ·

Ons gaan of een vir een uitgemoor word of ons gaan onderhandel vir selfbeskikking, ons het geen keuse meer nie. Die ANC land is n doodstrap en ons moet uit.

Linda Langenhoven ·

Selfbeskikking is die enigste uitweg. Dit is ook ‘n internasionaal-erkende fundamentele reg. Dit moet ernstig oorweeg en ondersoek word.

PJC ·

Ek dink dinge in die mooi land van ons raak net te veel om te hanteer vir party mense.

Valerie ·

Vir derduisende mense is die lewe te veel. Ek kan nie meer vinger wys na die wat hul eie lewens neem nie (as dit wel die geval was). Eensaamheid is kanker van menswees, of jy nou ‘n alleenloper is of nie. Een of ander tyd wil jy net hoor dat jy iets vir iemand beteken. Die lewe is hard; laat ons God se liefde uitleef wat Hy ons gegee het. Ons sal self beter voel.
God beheer ons nie; ons het ons vrye wil, en dit is wat God so wonderlik maak. Jy kan nie iemand forseer om lief te wees vir ‘n ander nie . . . dit is nie liefde nie . . . dit is “beheer.”

erik ·

mooi woorde…veral om soms te hoor dat jy iets vir iemand anders beteken…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.