Familielid van Panayiotou-‘huurmoordenaar’ glo vas vir moord

Sizwezakhe Vumazonke in die hof. Foto: Twitter

Sizwezakhe Vumazonke in die hof. Foto: Twitter

ʼn Familielid van die man wat na bewering gehuur is om Jayde Panayiotou te vermoor, is in hegtenis geneem vir moord.

Thando Xolo Vumazonke (23), ʼn familielid van Sizwezakhe Vumazonke (30), is in hegtenis geneem vir huisroof en die moord op ʼn bejaarde vrou van Port Elizabeth. Marlene Webber (78) is ongeveer twee weke gelede vermoor.

Thando het Dinsdag vlugtig in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn. Die saak is tot 8 September uitgestel.

Sizwezakhe is tans ʼn verhoorafwagtende gevangene in die St Albans-gevangenis nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op Panayiotou. Die staat beweer Christopher Panayiotou, Jayde se man, het Sizwezakhe betaal om sy vrou te vermoor.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tascha ·

Die hele spul is kriminele blyk dit vir my! Gaan haal maar vir Oupa en Pa en broers ook uit die hool waar hulle weg kruip – tensy hulle nie ook reeds agter trallies sit nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.