Familielid van sakeman vas ná moord

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 51-jarige vrou is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn sakeman van Bloemfontein in die Vrystaat.

Die vrou, ʼn familielid van die sakeman, is deur die Parkweg-polisie in hegtenis geneem en sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van samesewering tot moord, het kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Ntau Lucas Mokoena (51) is Maandagaand in sy huis in Schenagelsingel in Fichardtpark doodgeskiet. Volgens Mbambo is hy doodgeskiet kort nadat hy tuis gekom het.

“Sy vrou was in die hoofslaapkamer en toe hy in die badkamer in is, is hy deur twee gewapende mans oorval. Hy is na die slaapkamer gesleep waar hy voor sy vrou in die kop geskiet is.”

Die verdagtes het met die oorledene se voertuig, ʼn onbekende bedrag kontant en selfone van die toneel gevlug. Die gesteelde voertuig is later in Lourierpark gevind.

Nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Onnie ·

True that! Bly sy is gevang, nou kan sy leka in die tronk gaan bly – kry vi jou mevrou!

se net ·

Wel en toe is sy nie so slim as wat sy gedink het sy is nie. As jy vir n moord betaal, sorg jy dat jy nie op die moord toneel is nie. Of is ek nou dom? Hoekom het hul haar nie ook oorval nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.