Familielid van vermoorde landdros laat vaar borgtog

Landdros Romay van Rooyen (50) is verlede maand in haar huis in Kaapstad vermoor. (Foto: Facebook)

Cassidy Hartzenberg (18) het Donderdag vir ʼn tweede keer in die Simonstad-landdroshof verskyn waar hy sy aansoek om borgtog laat vaar het.

Hy staan tereg vir die moord op sy tannie, landdros Romay van Rooyen. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy Van Rooyen se voertuig en geld gesteel het.

Die saak is Donderdag na 8 November uitgestel en Hartzenberg sal tot dan in aanhouding bly.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, sê indien Hartzenberg intussen van plan verander en weer om borgtog wil aansoek doen, sal die staat dit teenstaan.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn familielid op 10 September op Van Rooyen se liggaam in haar huis in Marina da Gama naby Muizenberg afgekom het. Sy is verwurg. Haar gesteelde voertuig is die volgende dag in Mitchells Plain gevind.

Hartzenberg is ongeveer drie weke later in hegtenis geneem. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Hoeveel mense sterf aan die hand van familielede.Hierdie man is maar 18 jaar oud.Wat sou die motief vir die moord wees,diefstal of dwelmverwante probleme.Is dit werklik rede genoeg om jou eie tannie te vermoor,ek glo nie maar ons lewe in ‘n siek wêreld.

Di ·

Hy was seker weer by ‘n bende betrokke! Bendes, Taxis en korrupte ANC & EFF lede beheer hierdie land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.