Familielid vas ná hy kinders glo vermoor, hul ore afsny

Argieffoto: Kent Williamson

’n 32-jarige man is Vrydag deur Port Elizabeth-polisielede in hegtenis geneem in verband met die gruwelike moord op drie familielede.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê drie minderjariges, tussen vier en 12 jaar oud, is 2 September 2017 met verskeie steekwonde aan hul bolywe in ʼn huis aangetref. Hul linkerore is ook afgesny.

ʼn Vierde kind se liggaam is buite die huis aangetref, ook met verskeie steekwonde aan die bolyf.

Die motief vir die moord is in dié stadium nog onbekend. Die kinders was alleen ten tyde van die aanval.

Vier aanklagte van moord is by die Port Edward-polisiestasie aanhangig gemaak vir ondersoek.

Die man sal 12 Maart in die Ramsgate-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie sal beslis ʼn goed voorbereide dossier aan die hof oorhandig sodat die man vervolg kan word vir die “verskriklike dade”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Wilma

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

123 ·

Het dit in Port Elizabeth of Port Edward gebeur? Of is die man net in Port Elizabeth inhegtenis geneem?

PJC ·

Sulke mense moet aan die gemeenskap oorhandig word sodat daar seker gemaak kan word dat hy nooit weer in die samelewing losgelaat word nie. Of hy toerekeningsvatbaar is of nie bly hy ń gevaar vir almal om hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.