Familielid vas ná moord op jong vrou van Springs

Rosemary Mulder (19) en haar pa, Johan. Rosemary is verlede week in haar huis in Springs vermoor. (Foto: Facebook)

Die man wat beskuldig word van die moord op die 19-jarige Rosemary Mulder van Springs verlede Woensdag, het vroeër dieselfde dag uit aanhouding by die Springs-landdroskantoor ontsnap.

Rosemary Mulder is Woensdag dood ná sy verskeie kere met ʼn mes in haar huis gesteek is.

Haar vermeende aanvaller, Gerald Theron (18), is Vrydag in hegtenis geneem ná ʼn lid van die publiek hom in Springs opgemerk het.

Lede van die gemeenskapsveiligheideenheid van die Gautengse verkeerspolisie het Theron omstreeks 10:00 in Plantasieweg aangekeer.

Amanda Greybe, woordvoerder van die Springs-polisie, het bevestig dat Theron Woensdag uit aanhouding by die hof ontsnap het. Hy sou daar verskyn op ʼn onverwante aanklag van gewapende roof.

Theron het gister weer in dieselfde hof verskyn, dié keer op aanklagte van moord en diefstal, het Greybe gesê. Die saak teen hom is uitgestel tot 12 Augustus. Hy bly intussen in aanhouding.

(Foto: Facebook)

Maroela Media het vroeër berig Mulder se liggaam is Woensdagoggend gekry nadat sy verskeie kere met ʼn mes gesteek is. Haar aanvaller het met enkele items, waaronder ʼn rekenaarspeletjie, gevlug.

Theron is na wat verneem word Mulder se stiefbroer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Abe ·

Uit aanhouding ontsnap. Hoe op aarde is dit moontlik. Iemand ontsnap net uit aanhouding as hy uit aanhouding vrygelaat word!

Oujongvrou ·

Landsburgers word uitgelewer aan moordenaars. As hulle nie borg kry nie, ontvlug hulle maklik. Gisteraand sê n swart dr. vir my hy kyk na opsies uit die land uit, want dis nie veilig vir sy kinders hier nie. Dis nie veilig vir grootmense ook nie. Hierdie land gee die hel n ander betekenis

@Oujongvrou ·

Daai swart dr. toets net u reaksie. Hulle almal se dat die dinge verkeerd is maar doen hulle iets om dit te keer? Nee. Miskien moes u hom vra vir wie hy bang is en vir wie hy sy kruisie getrek het. Die land het geen skuld nie.

Suid-Afrikaner ·

Theron is nog nie skuldig bevind, alhoewel die waarskynlikheid groot is. Hierdie tipe misdaad kom in baie lande plaas. Diegene wat hier ‘n politieke konneksie aan die moord koppel is duidelik oningelig en swartgallig.

Kokkie ·

Bring die doodstraf terug vir moordenaars, verkragters en kindermolesteerders. Klaar!

Belinda ·

Kokkie ek het ook gese bring die doodstraf terug, maar dink mooi…wie is in beheer. Dit sal die verkeerdste ding vir ons wees.

Gert van Wierdapark ·

“Vermeende Moordenaar moet aan sy watsenaam opgehang word tot sy hofverskyning! Laat die rubbish ly!!

Lee ·

Waaaar kom hierdie mannetjie vandaan. Is julle seker hyt nie uit iewers anders ook voorheen ontsnap nie? Mens kan sommer sien hyt erge leer probleme. Jaaa WAT. Wat sal mens se van sulke gemors van Aarde. Baie sterke aan haar familie.

Wielspore ·

As ‘n jy ‘n oortreder van die wet is kan jy maar terug kyk na sy opvoeding by die huis en gaan waarskylik die oorsaak daar kry, by sy ouers (persoon/e wat hom groot gemaak het).
Dit is nie die samelewing se skuld, die skool se skuld, die regering se skuld, of verkeerde vriende, dwelms ens. As jy ‘n fout en jou lewe maak en leer daardeur, great, jy is van die beste. As jy verkies om foute te maak en blameer ander daarvoor, die tjoekie is jou voorland.

Snip van Joburg ·

Moeni altyd die skuld op die ouers laai nie. Of hoe hulle groot gemaak is nie. Ek het my kind goed groot gemaak maar wanneer dit by keuses kom is dit sy verantwoordelikheid. Nie almal word in slegte omstandighede groot of word sleg grootgemaak nie.
.

Nee regtig!! ·

Nogal die vrou se stiefbroer!! Nee regitig… êrens het hy ‘n hele toolboks verloor nie net die skroef nie!!

Martie ·

Jis dit is vreeslik, die kind het obviously issues! Voel jammer vir die ouers.
Jy kan jou kind goed grootmaak maar hy word nie noodwendig goed groot nie!

Abe ·

Hy behoort nie te kan ontsnap nie. Iemand het om toegelaat om te ontsnap. Die persoon moet vervplg word

Alida ·

Hou tog op om altyd die ouers te blameer. Een ouerpaar kan 7 kinders grootmaak in dieselfe huis en een breek weg en word n krimineel. Dit is dan mos sy/haar keuse.

Stripes ·

Ek blameer die staat vir haar dood. As die beamptes by die hof hul werk gedoen het, sou hy nie ontsnap het nie en sou Rosemary nou nog gelewe het. Die staat moet verantwoordelik gehou word vir die dade van sy werknemers.

Kobus ·

Indien hy nie toegelaat was om te ontsnap nie wou ‘n jong mens vandag nog geleef het.
Ouers mag ‘n kind goeie fondamente gee maar hy/sy kan nogtans die pad byster raak.

hercu ·

die regering van die dag sal verantwoordelik gehou word vir elke moord, korrupsie, misdaad en aanverwante misdrywe wat tans in Suid Afrika gepleeg word!!

sterkte vir Rosemary se familie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.