Familielid vas ná vierjarige se moord

Argieffoto: Pixabay

ʼn Familielid van ʼn vierjarige dogtertjie is in hegtenis geneem nadat haar liggaam byna ʼn week gelede in die bosse van die informele nedersetting KwaMashu, noord van Durban, aangetref is.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê Minenhle Sanelisiwe Mhlongo se ma het haar verlede Woensdag in die sorg van ʼn familielid gelos waarna sy werk toe is. Die vrou is egter later die dag met haar tuiskoms daarvan ingelig dat Minenhle verdwyn het.

Minenhle se liggaam is die volgende dag omstreeks 06:00 in die bosse naby haar ouerhuis in Mvemvaneweg aangetref. Die kind het steekwonde aan haar liggaam asook ʼn kopbesering gehad.

Volgens Naicker is ʼn saak van moord by die polisie aanhangig gemaak waarna die polisie Dinsdagmiddag ʼn deurbraak in die saak gemaak het.

ʼn Vyftienjarige is in hegtenis geneem in verband met die moord waarna die polisie beslag gelê het op ʼn wapen wat vermoedelik gebruik is om Minenhle te vermoor.

Die tiener sal nou na verwagting Donderdag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Wie doen sulke goed ??? Hoe kan iemand ‘n onskuldige dogtertjie wat net wil speel en lewe sommer doodmaak of leed aandoen ? Hoe kry jy dit oor jou hart ? Is geweld en moord al so deel van die mense se lewens dat nie eens ‘n dogtertjie dit ontkom nie ?

Androclus ·

Die mense is siek daar buite.(satanisme,drugs noem maar op vier hooggety in die samelewing)

johanf ·

Geen woorde, maar my hart is seer, my simpatie aan die familie…!!

JM ·

Leer dit by die volwassenes. Dit is mos die norm in hierdie land.

Casper ·

Dit is van die oomblik wat kinders regte bo ouers se gewag gekry het.Hy is 15 jaar oud en het klaar ‘n rekord van moord.Vonnisse moet nie gelyklopend uitgedien word nie.Jy kry lewenslange vonisse maar dien 25 jaar uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.