‘Familietwis’ lei glo tot 8 se dood in KZN

Argieffoto: Kent Williamson

Agt lede van die dieselfde familie, almal vroue en meisies, is dood tydens ʼn aanval in Embangweni in KwaZulu-Natal.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Dinsdagaand plaasgevind. Volgens Gwala het lede van die gemeenskap geweerskote gehoor en gaan ondersoek instel.

“Hulle het gesien ʼn huis is aan die brand en het probeer om die mense in die huis te red, maar die brand was reeds buite beheer. Vyf familielede, ʼn 60-jarige vrou en vier kinders, tussen twee en 16 jaar oud, is in die huis dood. Volgens Gwala word daar vermoed dat ʼn familietwis tot die tragedie gelei het.

Volgens Gwala is ʼn tweede huis ook aangeval, sowat 100 m verder. Daar is ook geweerskote gehoor en die huis is ook aan die brand gesteek.

“Gemeenskapslede kon daarin slaag om drie kinders uit die huis te red.” Volgens Gwala is ʼn 58-jarige vrou op die toneel dood. “Sy het ʼn skietwond opgedoen en het ook brandwonde gehad. Die kinders is na ʼn hospitaal gehaas waar twee van hulle aan hul beserings beswyk het.”

Die inwoners van albei huise was van dieselfde familie. Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

Volgens Gwala is die presiese omstandighede rondom die voorval nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Robby ·

Al wat ek wil sê genoeg is genoeg. Waar stop dit dan nou. Ons moet die doodstraf terug bring in Suid Afrika. Ja ons het almal gehoor van mense regte. Nou as moordenaars dan regte het. Wat het van jou regte geword. Oops jys dood jyt geen regte nie sorry. En dan die ander sy van die saak geleerders sê dit kos teveel geld. Ja dit kan baie geld kos in appêl sake maar hoekom ʼn moordenaar regte gee tot appêl kap sy kop af dan is daar geen regte en geen kostes. Dis hoekom onskuldige mense daaronderlei en kinders. Mense julle moet vote vir die regte party. Die party wat na julle veiligheid omsien. Ja nee sterkte met julle mense regte.

Speedguard ·

Het Politiek ‘n nuwe naam gekry nml” Familietwis” ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.