‘Familievergadering ’ met Ramaphosa Maandag om 20:00

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa se sogenaamde familievergadering met Suid-Afrika word Maandag regstreeks om 20:00 uitgesaai.

Ramaphosa sal na verwagting dan ʼn aanduiding gee van watter maatreëls, indien enige, verskerp gaan word in ʼn poging om die land se stygende Covid-19-getalle in bedwang te probeer bring.

Altesaam 7 999 nuwe gevalle van die virus is teen Sondagaand bevestig. Suid-Afrika het volgens die jongste syfers in hierdie stadium sowat 76 000 aktiewe Covid-19-gevalle.

Ramaphosa het Sondag met die nasionale koronavirusbevelsraad, asook die president se koördineringsraad en die kabinet vergader.

Die president se toespraak word op verskeie aanlyn platforms uitgesaai.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Juffrou

Wonder of hy ons dié keer in Afrikaans sal groet? Wear your masks. Wash your hands. Keep your distance! Sê dit vir our people!

Jaco

Is alle rasse familie of net sy “our people”? Ek vra maar net, want toe inperking nog erg was, het hy meer as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. Ek dink ook maar aan uitsprake oor radikale ekonomiese transformasie, wit monopolie kapitaal en onteiening sonder vergoeding…

Andre

Daar gaan nie veel verander nie.

Hennie

Ek hoop ou Cyrries gaan vir ons vertel wat hulle met ou Ace gaan doen…terwyl ons nou family is!

Persheks Adri

Ag Cyril asb jy mors ons tyd. Praat met jou people, want regtig jy maak moeg! Beslis beter dinge om te doen as om na jou te luister pffft