Fanie du Preez: ‘Ek het nie my kinders geskiet nie’

Fanie du Preez in die hof. Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Fanie du Preez in die hof. Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Fanie du Preez (40), wat Woensdag tot 94 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op sy vrou en hul twee kinders, mag nie teen sy skuldigbevinding of vonnis appelleer nie.

Regter Hennie de Vos het Du Preez in die rondgaande hof in Vereeniging tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vrou, Thea (43) en hul kinders, Carlia (17) en Phillip (14) in Desember verlede jaar.

Hy is ook tot nog tien jaar tronkstraf vir dwarsboming van die gereg gevonnis, sewe jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar vir die onwettige besit van ammunisie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word en Du Preez moet dus effektief 25 jaar tronkstraf uitdien.

90.6 FM Stereo Nuus berig regter De Vos het Du Preez se aansoek, om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer, van die hand gewys. Du Preez sal vir die eerste ses maande van sy vonnis in die Groenpunt-gevangenis aangehou word, waarna hy die res van sy vonnis by die Ebongweni-gevangenis naby Kokstad, in KwaZulu-Natal, sal uitdien.

Die hof het vroeër gehoor Du Preez het reeds die afgelope jaar in die Leeuhof-gevangenis by die berugte 28-bende aangesluit. Du Preez het na die vonnisoplegging na die aanhoudingselle afgestap. Hy het met die afloop vir Thea se oudste suster, Riana Coertzen, gesê hy het nie sy kinders geskiet nie. Hy sal eers op die ouderdom van 65 kan aansoek doen om parool.

De Vos het in sy uitspraak gesê Du Preez is ten volle verantwoordelik vir sy dade en is nie deur eksterne faktore, soos drank of emosionele trauma, beïnvloed nie. “Thea is van die reg ontneem om eendag ʼn ouma te wees. Carlia en Phillip is ontneem van liefde, hul eie kinders en ʼn toekoms,” het hy gesê.

Volgens De Vos is Du Preez se kans op rehabilitasie skraal, aangesien die moorde sinneloos was en heeltemal uit selfsug gepleeg is.

Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Henk ·

Nou vra ek myself ‘n vraag of twee – hierdie was koelbloedig, tog GEEN direkte TV uitsending nie?
Hierdie man het geen verweer gehad nie en het DRIE mense, sy eie gesin, uitgemoor , tog geen TV orgie nie.
Hierdie man se naam is nie Oscar Pistorius nie, seker daarom dat daar nog nie miljoene mense oordeel oor hom uitgespreek het hier op sosiale media nie?

Renier Lubbe ·

Gewone mense sonder baie geld gaan nie sommer TV en Sosiale media toe nie.

Cherokee ·

Waarom pla dit jou Henk? Ek vind nie jou stelling sinvol nie, tensy jy nou lekker dik is vir al die sepies en ander herhalings en egte drama wil kyk. ‘n Ander rede kan wees dat jy een van daardie mense is wat gedink het Pistorius moet met R50 beboet word.

cor ·

Henk sou daar regtig nigeriers betrokke wees en een van hulle het omgekom was dit groot Tv en sosiale media dekking. Hy is nou beroem want hy het by die tronk bendes aangesluit so jy sal vorentoe van hom hoor op tv

Anchen ·

Moord is so algemeen in Suid Afrika dat nie eers die grusaamste moorde TV haal nie – skokkend!

D ·

Hierdie man se ma vat die koek sy vra hy moet huisarres kry vir 3moorde ……ek n inwoner van vanderbijlpark onthou goed hoe dit ons gemeenskap geruk het die kinders van Hoërskool Driehoek wat die diens bygewoon het was verpletterd onderwysers gewone mense ons almal kon nie glo jy doen dit aan jou eie kinders …..nou kom ons terug na die ma hy moet huisarres kry sodat sy kan lewe wat van Thea en haar 2 kinders wie die reg op n vol lewe ontneem is Baie van ons se mans verloor hul werk jy kan nie net mense uitmoor soos jy dit goed ag nie HY MOES DIE DOODSTRAF KRY

Hendrik ·

n ma bly n ma. al gebeur wat. sy ma het sekerlik opgetree uit gevoel van n ma aan haar kind en nie voldens die feite nie.

al ·

Goed so. Jy het nie gedink daaraan dat jy mense se lewens verwoes het en families gebroke gelaat het nie.

Johann ·

Moord het jy moord gepleeg, al ontken jy nou net wat jy wil, wees dankbaar jy het nie aan jou nek gehang tot jy dood is nie

EvW ·

Ongelukke gebeer gou in dietronk veral waar kinders betrokke was…..
26′

Cherokee ·

En jy wil seker veg vir Afrikaans by die skole en universiteite.

Malitza ·

Stenig my nou maar, maar iets omtrent die saak is nie 100 nie. Soos nou ook in die berig vertel hy weer “ek het nie my kinders geskiet nie” , hy erken met die hy het sy vrou geskiet, maar van die begin hou hy vol hy het nie sy kinders geskiet nie. Net weird.. Laat my net dink tussen man en vrou het iets gebeur.. Niks nou met die leuens van nigeriens te doen nie. Dink net bietjie , as hy erken hy het haar geskiet maar nie sy kinders

MM ·

Malitza onthou net hy het hulle in hulle slaap geskiet. Lees al die berigte oor die moord.
En natuurlik was sy vrou kwaad vir hom, want hy het nooit ‘n werk lang gehou nie en sy het maar altyd ei pot aan die kook gehou en hy het verskeie buite egtelike verhoudings gehad en sy vrou wou hom nou skei. Net ‘n lafaard skiet sy familie in hulle slaap.

D ·

Malitza hy weet wat met mense in die tronk gebeur wat leed aan kinders doen dis n ander wereld daarbinne alhoewel almal n kriminele daad gepleeg ht is daar die groep wat absoluut teen dit is en jou sal vermorsel natuurlik sal hy dit ontken ja ons kan nie oordeel ons was nie daar ma hy hdt sy vrou verneek met al wat gewillig was terwyl hy te sleg was om te werk het Thea haar moeg gewerk vir hulle gesien sy was gerespekteer by Du plessis sand Hy het haar hardverdiende geld gemors op sy los floozies en ja hy was greedy as hy kinders gespaar het ….het hy net helfde van als gekry SO HY VERDIEN OM TE VERROT MENSE SOOS HY VERDIEN DIE DOOD want n kind is n gawe van God en n mens se bybel se jy mag nie Moord pleeg nie

Mariaan ·

Henk, jy is heeltemal verkeerd. Mense het hom op sosiale media presies dieselfde as Oscar geoordeel, sels nog lank voor hy skuldig bevind is. Moord is moord.

stella ·

Die man het by die bende aangesluit omdat hulle sy kos vat as hy dit nie doen nie en die wagte doen niks daaromtrent nie, hy het nie men

cor ·

Stella was jy in dietronk as jy so stelling maak dit is fliek en sepie stories.. Hyhet by die bende aangesluit om hom te beskerm teen ander , met die belofte hy sal vir hulle voorsien in wat hulle benodig, dink seker nog hy gaan die polis geld erf.

jaco ·

Vat die 28’s dan blanke lede? Ek het n tv program oor hulle gesien en hulle was net bruin en swart.

Helene ·

Hy sal wens dat hy liewer die doodstraf gekry het.
Die tronk is n plek wat jou van alle menswaardigheid stroop. Daarom is hy n bende lid. Hulle sal sy gal vir hom werk. en ja, hy is in die tronk verlore. Mag die Vader hom genadig wees!!!

Koos1 ·

As hy hulle nie geskiet het nie, wie het dan? En waar is die bewyse. Onthou, hy is skuldig bevind met bewyse, nie vermoedenis nie. Nee wat boet, gaan “rus” nou lekker op my belasting geld. Ek betaal dit met plessier.
Ook wil ek die polisie, aanklaers en hof dankie se vir die goeie werk!

snoefie ·

hy men seker sy vrou het sy kinders geskiet toe get hy haar geskiet voordat sy hom kon skiet.

Ancara ·

Hy het dit oor homself gebring.Hy het sy bed opgemaak nou moet hy daarop slaap.Klaar.Punt.

Joe ·

Sjooeee …. nou lieg hierdie man ook oop & bloot om te se hy het nie sy knders geskiet nie …. ??? As dit nie hy was nie , wie was dit anders …. lieg bek …. lyk my hierdie man het ‘n ernstige persoonlikheids probleem wat gepaard gaan saam met leuens …. die moord is gepleeg & net jy kan self verantwoordelik wees vir jou tragiese dade …. geen simpatie met jou of jou ouers nie !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.