Fanie du Preez gevonnis

Fanie Du Preez Woensdag in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Fanie Du Preez Woensdag in die hof. Foto: Nadine Watkins/90.6 FM Stereo Nuus

Fanie du Preez (40) is Woensdag in die rondgaande hof in Vereeniging gevonnis vir die moord op sy vrou, Thea (43) en hul kinders, Carlia (17) en Phillip (14).

Du Preez het sy gesin in die vroeë oggendure van 3 Desember 2015 in hul huis in Vanderbijlpark doodgeskiet. Regter Hennie de Vos het Du Preez op 1 November skuldig bevind op drie aanklagte van moord, ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg en ʼn aanklag van die onwettige besit van vuurwapens.

90.6 FM Stereo Nuus berig De Vos het Woensdag in sy uitspraak gesê Du Preez is ten volle verantwoordelik vir sy dade en is nie deur eksterne faktore, soos drank of emosionele trauma, beïnvloed nie. Hy sê Du Preez het egter nie verantwoordelikheid vir sy optrede aanvaar nie en sedert die moorde voortdurend probeer om die blaam op iemand anders te plaas.

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Carlia, Thea en Phillip du Preez. Foto: Facebook

Hy het bevind huisarres, soos Joan van Wyngaardt, Du Preez se ma, vroeër versoek het, sal nie ʼn gepaste vonnis vir die misdade wees nie. Volgens De Vos tel dit wel as versagtende omstandighede dat dit Du Preez se eerste oortreding is, maar kan die gevoelloosheid en wreedheid van die moorde nie geïgnoreer word nie. “Thea is van die reg ontneem om eendag ʼn ouma te wees. Carlia en Phillip is ontneem van liefde, hul eie kinders en ʼn toekoms,” het hy gesê.

Volgens De Vos is die kans op rehabilitasie vir Du Preez skraal, aangesien die moorde sinneloos was en heeltemal uit selfsug gepleeg is.

De Vos het Du Preez tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir elk van die moorde, asook ʼn bykomende tien jaar tronkstraf vir dwarsboming van die gereg, sewe jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ammunisie. Hy het gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien word.

Lees alle vorige berigte oor die Vanderbijlpark-moorde op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

HANNELIE ·

Die man verdien die doodstraf maar ja te minste gaan hy sit vir n lang tyd!!!

Sharon ·

Help my as ek nou ‘n dom vraag vra. Maar lewenslank beteken nie die res v jou lewe nie… Nie tot jy dood is nie reg? Hy kom êrens wel uit en parool word dan nie oorweeg nie?

Sandra Nieuwoudt ·

Ek dink lewenlank is 25 jaar so as hy dit 3 maal opgele is en die 7 jaar vir vuurwapen en 2 jaar vi amenusie dan is dit 84 jaar

Louis ·

Ja lewenslank is 25 jaar , al kry jy 10 lewenslange vonisse , jy sit net 25 jaar en daarna kan jy in aanmerking kom vir parool

Hannelie ·

Lewenslank 3 keer beteken nie dis 25 x 3 nie. Dit word gelyklopend uitgedien. So op einde sit hy net 25 jaar. Eintlik nog te min na my sin.

Luister ·

Volgens die berig word die vonnisse gelyklopend uitgedien. Dus, een lewenslange vonnis.
Ek kan regtig nie verstaan dat S.A. nie ‘n vonnis het wat sê; lewenslank, sonder die kans op parool, nie. Verander asb. daai wet!!!

Zumie ·

Dit beteken 25 jaar met die moontlikheid van parool na 20 jaar (totaal)

Cherokee ·

Wat is die verskil tussen 3 lewenslange vonnisse plus 10 jaar en een lewenslange vonnis?
Waarom op aarde die vonnisopleggers vonnisse gelyklopend laat uitdien is onverstaanbaar.

Johan ·

Stem saam jou Cherokee. Dit gaan alles natuurlik oor regstegniese mumbo jumbo maar ek dink dis belaglik. Selfs die sogenaamde term “lewenslank” is nie eers reg nie. Volgens my beteken dit jy dood in die tronk.

Karoomeisie ·

Ek weet nie of die regters besef wat hul doen met samelopende vonnisse, want die man ga na ongeveer 18jr aanmerking kom vir parool.En reverdig dit 3 MOORDE???????? BELAGLIK!!!!!

Magda ·

Karoomeisie jy is verkeerd- lewenslank beteken ten minste 25 jaar of as die persoon die ouderdom van 65 jaar bereik het, watter een ookal die langste sal wees.

Maggie ·

Ek stem saam met jou karoomeisie! Samelopend regverdig nie 3 moorde nie!!!

Denise ·

Ek het geen simpatie met die man nie hy het drie pragtige mense vermoor en dit sy eie mense wat hom met hulle lewe vertrou het!!!

Sê maar net ·

Ek kan nog die whatsapp onthou van my seun: “Ma, Phillip in ons skool is dood. Hulle het ingebreek by hulle huis en hom en sy sussie en sy ma doodgeskiet. Voel hartseer want al was on nie vriende nie, dis amper Kersfees ma, hoe moet hulle pa voel. En ek kan ma sê Carlia was ‘n mooi meisie…” Voel soos gister toe ek daardie boodskap gekry het van y kind in Gr. 8. Toe die skok, die pa word in hegtenis geneem……. Ek oordeel nie, ek ken hulle nie persoonlik nie, my kind is in dieselfde skool as wat hulle was. Fanie, mag jy vrot in ide tronk, Phillip sou nou Gr 10 toe gegaan het, Carlia sou die grootmens wêreld betree het, mag jy elke dag saam jou minaresse onthou wat jy gedoen het, mag jy van jou verstand afgedryf word met die wete van dit wat jy gedoen het, die my kersfees wens vir jou en my nuwe jaars wens vir jou. Mag jy altyd onthou en mag jy hulle in jou tronksel sien elke dag. Mag jy nooit vergeet nie

Maryna Stoltz ·

Ja, ek ksn ook nie verstaan v 3 lewenslange vonnisse en dan word dit gelykeenlopend uitgedien. Lewenslank is forever and ever. Hy moet nie eens in aanmerking kom vir parool nie ??

Muishond ·

Hy is klaar lid van ‘n skollie bende daar, wat skeel ‘n lewenslange vonnis hom. Hy laat net eenvoudig sy ou lewe agter soos ‘n slang wat vervel. Wens hulle het hom verras met ‘n doodsvonnis en die elektriese stoel.

Kobus ·

Stem saam Muishond….hy gaan floreer in die tronk…klaar n bendelid van gevreesde 28’s….hy klaar in posisie van hiet en gebied

Meisie ·

Ja die regters dink vr my ok nie baie mooi as hul vonnis ople ni.Hy mt dit tenminste apart uitdien en nie parool ni.Dan is dt regverdig.Vir die 2 kinders se lewe wat kort geknip is.Hul ht geen toekoms nie,behalwe dat dit vr hul beter is wa hul is.

Joe ·

Well done aan die regter vir hierdie gepaste vonnis ….. hy verdien dit allemins ! Hy het vir geen oomblik aan sy familie gedink nie & tog het hy hulle op ‘n slinkse manier vermoor …. Geen simpatie met hom nie , hy lyk maar na ‘n baie harde mens …..
Sterkte aan Thea se familie wat nou alleen hierdie kers gety sonder haar moet vier …. dit is baie hartseer …

Charmaine ·

n mens mag jou nie verlekker in ander se dinge nie maar die Regter het sy werk gedoen. Wens daar kan meer moordenaars lewenslank kry. Die ou verdien wat na sy kant toe kom.

Annie ·

Sluit toe en gooi weg die sleutel. Net jammer ons belasting geld moet vir hom sorg!!!!

Johan Likkewaan ·

Jammer maar ek kan nie verstaan wat sy rede was om dit te doen nie.
Ek lees van ‘n vrou wat met haar twee kindertjies van gebou afgespring het, en dink sy was seker spyt toe sy spring, sonder omdraai kans. Maar die man het vrou geskiet, toe kind, toe na volgende kind, en weer geskiet. Drie mense! Totaal geweteloos. Die duiwel se braai wag vir jou boetie, wanneer jy al oor hierdie ding is, en dink jy het jou saak reggemaak met die groot man daar bo,en jy lekker grys en oud is, en die dood voel nader kruip en jouself weer goed probeer hou, dis wanneer die vlamme van die hel jou siel sal brand en jy sal besef wat jy gedoen het.

Han ·

Johan Likkewaan, van God praat ons nie as “die groot man daarbo” nie. Dit is disrespekvol. HY verdien ons ontsag.

Oom Donker ·

Ja sy probleme begin eers werklik as hy eendag sy vrot kop vir oulaas neerle^.

Ruby ·

Great, nou moet ek vir hom sorg!

My taks geld kan eerder gebruik word vir die opheffing en voordeel van my landsburgers, nie moordenaars nie! Ek het geen sê hierin nie net soos sy vrou en kinders in sy dade gehad het nie.

Nee, ek oordeel nie, dit is feite soos ‘n koei.

Waarom? ·

Waarom het hy dit gedoen? Vergeet daarvan maar vra eerder: WAAROM HET HY NIE HOMSELF GEBLAAS?

Hannelie ·

As sy vonnis gelyklopend uitgedien word, beteken dit hy gaan net 25 jaar sit. Hoe regverdig is dit!!!!

Spesmaas ·

Ek dink nie dis sy eerste slagoffers nie, wel die eerste keer dat hy vasgetrek is.

Waarheid ·

Verstommend die gebrek aan kennis wat die kommentators hier altyd op elke berig het.

As julle mooi lees sal julle sien die vonisse word gelyk uitgedien so, tegnies is dit een lewenslank vonnis.

Meer belangrik, die klomp wat nou weer kerm oor die regters en hoekom meer as een vonnis gegee word, as dit dan samelopend gedoen word.
Baie maklik, hy kan appeleer teen die vonnisse en dalk onskuldig bevind word op een of twee, maar dan staan die ander vonnis steeds.

Cacophony ·

Mooo so hoop hy bky vir ewig agtet tralies. Sy ma moet duidelik van haar sinne beroof wees om te vra vir huisares.
Jammer maar die man versinnebeeld alles wat evil is

Pop ·

Vir my beteken al die mumbo jumbo die uitvaagsel hoef vir die volgende paar jaar nie te bekommer oor krag, kos, of n dak oor sy kop nie. Alles betaal deur belastingbetalers se geld. Lekker om in hierdie land n krimineel te wees??

Pierrot ·

Die hartseerste komponent van hierdie gru-verhaal is die moeder wat poog om ‘n lig te laat brand in die donker nag waarin haar sielsiek kind lank gelede reeds verdwaal het.

Die Duiwel se Advokaat ·

Du Preez het soos wat die regter ook bevind het, die data uit selfsug gepleeg. Natuurlik het Du Preez eers sy sommetjies gemaak voordat hy die dade gepleeg het en tot die slotsom gekom dat die kanse goed is dat hy in die Nuwe Suid Afrika daarmee sal weg kom. In n beskaafde land sou Du Preez waarskynlik meer beskaafd probeer lewe het, omdat hy sou geweet het dat hy nie daarmee sal wag kom nie.

Ou Tronkvoel ·

Sy vonnise is gelyktydig so hy kan enige tyd vanaf 13 jaar vir parool in aanmerking kom…….Ek weet…..Was 8 jaar in di tronk…..Gesien hoe werk di storie.

groenewaldt ·

Ou Tronvoel – wat kan mens doen om hom langer te laat sit?
Gee raad asb want jy sal weet?

Ou Tronkvoel ·

Baie maklik binne in di tronk….Dit gebeur daagliks daar…..Lem i selmaat terwyl hy slaap!..Druk di mes onder sy matras in !!….Frame hom!….Plant selfone dagga messe lemmetjie en hy word gestraf vir elke oortreding….
Ek het bv gesien dat i ou i dag voor hy op parool sou gaan na 15 jaar in di tronk weer “gecharge” word vir rape wat hy kwansuis 18 jaar terug gepleeg het…..Dan begin alles vsn voor af……Die saak kan jare vat om af te handel rn di grap van di storie is dalk word hy onskuldig bevind!!!!…….
Nee wat!…daar is duisende maniere om i ou in die tronk te hou!!………..

Ou Koos ·

Sluit hom so ver toe dat sy kos met ‘n kettie ingeskiet moet word!

Liewe heksie ·

Ek sê dit moet live means live wees hy moes nooit gebore gewees het nie

groenewaldt ·

Dankie Tronkvoel – ek hoop iemand sien jou inligtin raak wat iets daaraan kan doen.
Dankie

Ano ·

Sou dit nie beter gewees het as die vonnis gese het: Vir sy HELE natuurlike lewe nie? Dit is mos wat ek verstaan onder die word “lewenslank”

Johann ·

Of dit nou lewenslange tronkstraf in sy ergste graad is of nie, die man het drie mense se lewens geneem, ek sou voorstel dat daar drie galg toue om sy nek gebind word en dat hy in die diepste van die see gewerp word. Moord is nie net ‘n misdryf wat in ons regstelsel omskryf word nie, maar ook ‘n onvergeeflike gebod van God

Annette ·

Die owerheid moet dieselfde met die tronkvoels doen as in die lande soos China ens. Hou die oorblywende familie verantwoordelik om hulle te voorsien van kos klere ens. Ten minste kom dit nie uit die belasting betaler se sak nie en kan die geld gebruik word vir opheffing vir mense wat wil werk en nie vir kriminele wat moor roof en verkrag nie.

Maria Van Dieweeck ·

Ja Annette, stem saam. Ek verstaan ook nie hoekom hulle dan nie ‘harde arbeid’ vir sulke kriminele daarstel nie. Baie is banger vir harde werk, as vir die dood.

Poppie ·

Hy is 94 jaar tronkstraf toegedien. Sal nooit uit die tronk kom nie. Hy is vas. Net jammer die mense wat die boere so vermoor word nie gevang en aangekla nie.

zelda ·

Sies vir julle wat klippe gooi, nie een van julle weet wat daai dag in daai huis gebeur het nie julle gaan op wat die sosiale media julle vertel en almal weet die koerante maak dat die ou skuldig is nog voor hy eers sy voete in n hof gesit het. So julle almal wat hier komentaar lewer het nie geraamtes in die kas nie.

Ruby ·

Zelda, het ek my broer se lekkers gesteel, ja!
Het ek iemand vermoor, nee!

Maak nie saak wat in daardie huis gebeur het nie, jy maai nie jou geliefdes af nie.

Nee, die koerante het hom nie skuldig gemaak nie, sy selfsugtige, duiwelse dade het.

Olga ·

Dit sou oorspronlik 94 jr gewees het as hy alles apart gekry het, so nou doen hy alles saam en sit maar vir 25 jr.

Ken die gemors se familie

goga ·

Mense is wreed maar God is genadig,mag God elkeen van julle wat so kommertaar lewer seen,ons is,ons wil nie in ander se skoene loop nie, niemand weet wat die oorsaak was nie, Die oordeel kom God toe nie een van die wat in n glashuis bly kan klippe gooi nie , is ons sonder foute nie al vat jy n pen of spyker by die werk wat nie joune is nie is dit tog nog steeds steel,as jy met jou tong iemand afkraak of seermaak, pleeg jy moord.God se tog duidelik dat Hy haat die dinge wat ons doen maar tog het Hy ons oneindig lief,as jy vergifnis vra vergewe Hy jou so daar is baie wat op hulle kniee moet gaan en vergifnis vra.. n moeder kan nie geblameer word vir haar kinders se doen en late nie.. so hoekom word sy ouers sleg behandel vir wat die man gedoen het hulle het hul beste gedoen om hom groot te maak,net soos julle wat so klippe gooi ,is julle verandwoordelik vir julle kinders wat dalk dagga rook of dalk drugs gebruik,nee julle is nie jou kind is alleen skuldig al wat jy kan doen is om God te vra om hulle te beskerm en te bewaar teen die gevare van ons werld,. dis jammer dat ons nie so optree teenoor die moordenaars wat boere so wreid vermoor nie..

goga ·

Olga dit is so jammer dat hulle jou moet ken want jy kan nie n vriend wees nie.. jy breuk mense af tewyl jy die ouers kan ondersteen ..ek haal my hoed af vir sy ouers ..hulle het niks verkeerd gedoen nie hulle seun het!!!! Mense behandel hulle of dit hulle was wat iets verkeerd gedoen het .. Bid vir sy ouers ..en dink hoe dit sou wees as dit jou seun was..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.