Fase 1-beurtkrag aangekondig

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Eskom het aangekondig dat fase 1-beurtkrag Dinsdag tussen 10:00 en 22:00 toegepas gaan word.

“Die kragnetwerk is onder baie druk, en daarom word beurtkrag ingestel,” het Khulu Phasiwe, ʼn woordvoerder van Eskom, gesê.

Fase 1 maak voorsiening dat tot 1000 MW se kragverbruik gesny word, fase 2 tot 2000 MW en fase 3 maak voorsiening vir die sny van tot 4000 MW se kragverbruik.

Phasiwe het gesê beurtkrag kan vroeër eindig as verbruikers elektrisiteit spaarsamig gebruik.

Die kragnetwerk is sedert Sondag onder druk nadat ʼn eenheid by Koeberg-kragstasie weens ʼn tegniese fout van die netwerk afgehaal is.

“Die eenheid sal na verwagting teen die einde van die week weer ten volle in werking wees,” het Eskom Maandag gesê. Die eenheid sal volgende Maandag egter weer afgeskakel word vir geskeduleerde instandhouding. Eenheid twee werk teen volle kapasiteit en verskaf 930 MW aan die stelsel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

dommie ·

Ek is seker dom, gaan nie stry nie. Kan iemand dalk aan my verduidelik wat beteken Fase 1,2 en 3. Is dit die hoeveelheid ure wat die krag af gaan wees of wat. Asseblief een van die slim lesers verduidelik vir my

Nico Strydom ·

Dagsê

Die verskillende fases word toegepas om verskillende hoeveelhede krag te spaar. Fase 1 maak voorsiening vir die sny van tot 1 000MW se kragverbruik, fase 2 tot 2 000MW en fase 3 maak voorsiening vir die sny van tot 4 000MW se kragverbruik.

Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Dommie ·

Kyk ek verstaan die voorsiening ens. Maar wat beteken dit in terme van hoe beurtkrag werk. Basies hoe lank sal ons krag af wees en werk dit volgens die skedule wat ons van die internet af gelaai het

Lynette ·

Is daar iewers ‘n lys van hoe laat die krag waar sal af wees?

Nico Strydom ·

Dagsê Lynette

Daar is verskillende skedules vir Eskom-kliënte en gebruikers wat van die munisipaliteit af elektrisiteit ontvang. Eskom se skedules is hier beskikbaar: http://loadshedding.eskom.co.za/. Die verskillende munisipaliteite het hul eie beurtkragskedules op hul webtuistes,

Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Elani ·

As dit nou so is, E-Toll vat ook krag, gaan dit ook af wees vanmiddag? Vra net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.