Fase 1-beurtkrag duur Sondag voort

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het Sondagoggend om 07:00 fase 1-beurtkrag ingestel ná beurtkrag Saterdagaand om 23:00 opgeskort is.

Fase 1-beurtkrag sal vir die res van die dag voortduur. Die kragvoorsiener skryf die verbeterde kragopwekking hoofsaaklik toe aan lae aanvraag oor die naweek.

“Onbeplande tegniese foute” of kragonderbrekings het Saterdag om 16:50 op 11 041 MW gestaan. Beplande kragonderbrekings of instandhouding het op 5 547 MW gestaan.

“Die verouderende vloot is steeds onder druk, onvoorspelbaar en kwesbaar en ons raai Suid-Afrikaners aan dat beurtkrag op kort kennisgewing kan verander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daleen ·

Hierdie naweek vanaf vrydag aand 6 uur tot sondag aand 6 uur het ons net 9 ure krag gehard dit is nie loadshedding nie dis blackouts en dit gaan al hoe meer gebeur. Onaanvaarbaar. Bel jy om uit te vind “oh there is a problem with the cables”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.