Fase 1-beurtkrag toegepas

kersEskom het Dinsdag begin om fase 1-beurtkrag toe te pas nadat daar ook die grootste deel van Maandag beurtkrag voorgekom het.

“Eskom sal vanaf 10:30 vandag fase 1-beurtkrag toepas. Dit sal waarskynlik tot 22:00 duur. Ons sal deur die dag die nuutste verwikkelinge deurgee,” het die kragvoorsiener gesê.

Andrew Etzinger, Eskom se woordvoerder, het vroeër Dinsdag gesê daar is ʼn goeie kans dat Suid-Afrikaners verdere beurtkrag sal ervaar. “Die netwerk is erg onder druk. Daar is ʼn medium tot hoë kans vir beurtkrag vandag indien daar verdere tegniese uitdagings opduik.”

Volgens Etzinger is 25% van Eskom se kragopwekkingkapasiteit nie beskikbaar nie weens tegniese probleme. “Ons sal die nodige fase implementeer ten einde die netwerk te beskerm. Ons sal nie na fase 3 beweeg tensy dit absoluut noodsaaklik is nie.”

Fase 1-beurtkrag het Maandagoggend voorgekom waarna daar later die middag na fase 2 oorgeskuif is. Fase 1 maak voorsiening vir die sny van tot 1 000MW se kragverbruik, fase 2 tot 2 000MW en fase 3 maak voorsiening vir die sny van tot 4 000MW se kragverbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Riette ·

Dan kan ons ook seker begin krag betaal wanneer dit ons pas

Griet ·

En so trek Eskom die land nog ‘n ent verder deur sy g*t…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.