Fase 1-beurtkrag waarskynlik toegepas

Argieffoto

Eskom het gesê daar is ʼn groot moontlikheid dat fase 1-beurtkrag Donderdag (11 April) tussen 17:00 en 22:00 toegepas sal word.

“Dit sal slegs ingestel word indien ons geen ander keuse het nie,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Dit is as gevolg van ʼn gebrek aan kragopwekking weens die verlies van kragopwekkingseenhede by ons kragstasies.”

Eskom het gesê sy Winterplan beteken dat Eskom na verwagting 26 dae lank fase 1-beurtkrag sal toepas tydens die winterperiode, na gelang van die vlak van onbeplande tegniese foute.

“Ons maan steeds inwoners en ondernemings om elektrisiteit spaarsamig te verbruik. As ons saam werk, kan ons tot 500 MW spaar, wat gelykstaande is aan een eenheid by ʼn kragstasie.”

Klante word aangeraai om beurtkragskedules op die Eskom-webwerf of hul munisipale webwerwe dop te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ivana ·

Die winter is tegnies gesproke 3mnde lank m.a.w. ons gaan n maand daarvan beurtkrag he omdat ons nie mense met verstand in beheer van ons land het nie. Jy kan nie aanhou met uitdeel sonder om jou kapasiteit te vergroot nie en wanneer skrik hulle toe wakker. . . . toe die kerse aangesteek word

Elsa ·

Née nie kerse, maar verkiesing. Pinokio het hul leviete voorgelees.

Alida ·

Ons betaal vir n diens en wil dit he. Ek mors nie krag nie maar sal nie myself verontrief agv hulle korrupsie nie.

JP ·

Hoekom kry ek die gevoel dat hierdie die begin is van ergerlike dinge

Alida ·

Jp jy is in die kol. Berei ons voor vir koue donker winter. Die soustrein stoom voort en die vingers word al langer. Na 8 Mei gaan ons koudkry.

Boerboel ·

Kyk na die verkiesing. Dan gaan ons baie krag onderbrekings ervaar. Daar is 4000 MVA beskikbaar by privaat opwekers. Eskom will nie hulle krag koop on terug te sit in die Grid nie. Hoe dom kan jy wees.

Theresa ·

Wens net Eskom wil bevoegde mense kry wat wil en kan werk. Hulle vra net geld en niks word beter nie……………………………Pateties man!!

Marais ·

Die mense in beheer van ons stelsels is kardinaal siek en daar is geen salf te smeer. Maak julle maar reg vir groot bollie

fred ·

Medupi en Kusile was veronderstel om Roll Royces te wees…nou sit ons met 2 Tata’s……..al pomp ons nog n paar biljoene in Eskom,hierdie 2 kragsentrales sal nooit Roll Royces wees nie…

Winter Wag vir ons. ·

Strompelend en struikelend, van kader tot kader, word Eskom transformeer, tot ‘n bejammeringswaardige simbool van ANC onbevoegdheid. ‘n Klaaglike korrupsiehool.

Alida ·

Dankie ANC vir julle bydrae om van die land ‘n klaaglike mislukking te maak. Julle eie mense kry nou die swaarste en ons gaan hulle nie help nie want hulle maak ons in elkgeval dood as hy klaar ge-eet het. Kry vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.