Fase 1 dié naweek; hoë risiko vir nóg beurtkrag

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag word vandag (Saterdag) om 17:00 van fase 2 na fase 1 afgeskaal en duur tot 22:00. Fase 1 sal môre (Sondag) weer om dieselfde tyd geïmplementeer word.

Intussen het Eskom steeds ’n tekort aan opwekkingskapasiteit.

Die kragvoorsiener het Saterdagoggend in ’n verklaring gewaarsku teen ’n verhoogde risiko van beurtkrag in die komende weke indien die tekort voortduur.

Eskom moet in dié stadium klaarkom sonder 4 279 MW weens beplande instandhoudingswerk en ʼn bykomende 15 943 MW weens onbeplande onderbrekings.

“Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om te help om die impak van die tekort te beperk deur die gebruik van elektrisiteit te verminder en alle nie-noodsaaklike items af te skakel.”

Die kragvoorsiener het beklemtoon dat beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg geïmplementeer word.

“Ons doen dus ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om voort te gaan om elektrisiteit spaarsaam te gebruik tussen 05:00 en 09:00 en weer tussen 16:00 en 22:00.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.