Alhoewel sommige kragopwekkingseenhede sedert Sondag weer aangeskakel is, ervaar die kragvoorsiener vertragings.
“Weens die vertragings om die eenhede weer in diens te stel, en die behoefte om noodreserwes aan te vul, sal fase 2-beurtkrag Woensdag van 05:00 tot 16:00 ingestel word,” het Eskom gesê. “Fase 3-beurtkrag sal daarna van 16:00 tot Donderdag om 05:00 geld.”
Die patroon van fase 2-beurtkrag in die oggend en fase 3-beurtkrag in die aand sal daagliks herhaal tot verdere kennisgewing.
Eskom monitor die stelsel en sal kommunikasie uitstuur indien enige beduidende veranderings plaasvind.
Pateties
Hoekom is ek nie verbaas nie……………?!?!?
The plot thickens
Stelselmatig weer oppad na fase 6 toe. Die water word stadig warmer gestel.