Fase 2-beurtkrag afgekondig

(Foto: Yaoqi LAI)

Fase 2-beurtkrag sal vanaand (Donderdag) vanaf 21:00 tot Vrydag 05:00 geïmplementeer word. Beurtkrag sal ook Vrydagaand en Saterdagoggend gedurende dieselfde tydgleuf herhaal word sodat Eskom sy noodkragreserwes kan aanvul.

Die kragvoorsiener is vroeër vandag genoop om van sy kragreserwes gebruik te maak nadat onderbrekings by verskeie opwekkingseenhede druk op die kragnetwerk geplaas het.

Eskom sê nou verdere onderbrekings by opwekkingseenhede by die Kriel- en Tutuka -kragstasie het sy noodkragreserwes vandag vinniger as wat verwag is, uitgeput.

“Vertragings met die terugkeer van die opwekkingseenhede by Tutuka, Grootvlei en Kendal het ook ʼn bykomende las op die noodreserwes geplaas.”

In dié stadium is 14 982 MW weens stukkende opwekkingseenhede nie beskikbaar nie, terwyl 5 334 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

Eskom waarsku dat beurtkrag moontlik oor die naweek ook geïmplementeer sal word indien sy opwekkingseenhede nie genoegsaam herstel nie.

Hy doen intussen ’n beroep op verbruikers om hul kragverbruik te beperk en wys verbruikers daarop dat hy op 22 Julie laas beurtkrag moes toepas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

cccp ·

In die “real world” – nee; in ‘n ANC-bedeling – dit is die prestasie van die eeu.

Sobymykoolkop ·

Nersa wou mos weier vir die volgende 3 jaar, net gou herinner….

Jr ·

Jy sien Soby hulle dink hulle praat met 30% ( en dit is n distinction in matriek). Maar shjoo ons sien reg deur hulle ( woord uitgelos)

Piet ·

En daar gaan de ruyteren en sy clowns weer!!!Steeeeeeeeeeel dis lekker!!!!

cccp ·

Wat my woedend maak is dat daar oënskynlik ‘n patroon ontwikkel het waar hulle op die nippertjie beurtkrag aankondig, en gewoonlik tussen Donderdag en Sondag en gewoonlik in dieselfde tydgleuwe; wat beteken, gegewe die munisipale skedules, dat dit gedurig net dieselfde groep mense is wat aan die kortste end trek, terwyl menige ander selde daardeur geraak word. Woorde laag en gemeen genoeg om hierdie spul te beskryf, bestaan nie.

Saartjievandiebosveld ·

Wat ‘n prestasie….22 Julie 2021 laas beurtkrag gehad. WELL DONE!!!!!

Sarel ·

Jy sukkel met Munisipaliteit om dienscte lewer en dan kom
Eskom ook nog by

Hardekwas ·

Ek het verstopte riool lyn in my erf 5 dae gelede gerapporteer (tshwabe) en wag nou nog vir stadsraad om die blokkasie te herstel. Ek het 4 dae namekaar gebel en elke keer word die probleem “ge-eskaleer”. Ek het nou besluit die rou riool kan maar op die sypaadjie uitloop. Dienlewering het landswyd tot stilstand gekom. Failed state.

Jr ·

22nd Julie laas. WOW BIG HEROES??!!! Nee hier in Carletonville is dit elke week iewers in die dorp. Infrastruktuur in sy kanon of bestaan nie meer. Party plekke weke sonder krag. Dit het niks te doen met krag opwekking dis weer tyd om vir Nersa n increase te vra. Julle het nie gekry wat julle wou gehad het nie- nou wat doen julle?. Stel beplannde beurtkrag in om Suid Afrikaners gyselaars te hou. Gaan kyk net wat het gebeur die laaste drie jaar na Nersa

Buck ·

Maar die president beloof water en elektrisiteit aan almal wat NIE BETAAL nie. Mooi man, hy weet seker iets wat die belasting betaler en die wat hul krag betaal nie weet nie. Die anc is n cyrilcus

DieKriek ·

Ja, wel ons krag is al vir 8 ure af as gevolg van reën. Eskom weet nie dat elektrisiteit en water nie saamgaan nie. So sal dit heel somer gaan, elke liewe keer as dit reën.

Marius ·

Eishkom – Bring dit . Ek sal eerder sonder krag vir n paar ure as om julle belaglike pryse te betaal.
Julle is net soos kinders , as julle nie julle sin kry nie dan gooi julle n vloermoer. Siestog , red n nasie en bou n volk.

annie ·

Beslis weer die tyd vir die groot show voor prys- en salarisverhogings. Nou moet die volk weer voel hoe ons die werkers ly… Ja, honger ly met net kitskos vir etenstyd en… swaarkry… soggens vroeg opstaan. En gereeld lank voor die otm’s in toue moet wag om van ons eie eie baie geld te mag trek… En julle, die gelukkige werkloses, sit heerlik in die son… Jaloers op ons… Ja, lelik om ons, die werkers, nie jammer te kry nie. Ek wens ek kon ruil maar ons unies en base hou ons gevange…

SjN ·

Eskom is seker die enigste besigheid(reus, soms genoem) wat die monoplolie besit deur sy produk te verkoop teen sy prys en nie aan die aanvraag en behoefte kan voldoen nie nie en pleit om dit spaarsamig te gebruik, verwyder alle onwettige verbindings en wanbetalers en die probleem is gedeeltelik opgelos.

Elinette ·

Sjoe, julle – kan julle onthou hoe baie keer het ons beurtkrag gehad voor 1994???? Omtrent ELKE DAG van die jaar, vandat ek maar kan onthou. Dit gaan darem nou deesdae BAIE BETER as toe. Ons het sowaar 22 Julie 2021 laas beurtkrag gehad (altans, hier waar ek woon, Worcester). Dit is omtrent TIEN WEKE gelede!!!

(Natuurlik word bg. sarkasties gesê ….)

Jr ·

Ooh ons is Suid Afrikaners so al het u nie gesê dis sarkasme het ons almal u drift gevang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.