Fase 2-beurtkrag geld van Woensdag

(Grafiek: pixabay)

Nadat Eskom vroeër gewaarsku het dat die kragnetwerk onder groot druk is, het hy Woensdagoggend aangekondig dat fase 2-beurtkrag van 11:00 in werking gestel gaan word.

Dit sal in hierdie stadium tot Maandag om 05:00 duur.

“Die beurtkrag word genoodsaak weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit nadat nog twee opwekkingseenhede oornag onklaar geraak het,” sê Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom.

Die kragvoorsiener moes sedert die naweek beduidend staatmaak op sy noodopwekkingsreserwes. Dit is nou uitgeput en moet weer opgevul word.

By die Kusile- en Kendal-kragsentrales het eenhede uitgeskop, terwyl vertragings om eenhede by Kusile, Tutuka, Duvha, Lethabo en Grootvlei weer in diens te stel, tot verdere druk op die netwerk gelei het.

Altesaam 14 994 MW is tans weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 4 435 MW weens beplande herstelwerk uit die netwerk gehaal is.

“Drie opwekkingseenhede sal na verwagting teen vanmiddag weer in diens gestel word.”

Eskom het weereens ʼn beroep op verbruikers gedoen om die uitwerking van beurtkrag te verminder deur minder krag te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Martie ·

onbeplande herstelwerk….
was daar beplande instandhouding?

Frikkels ·

Ai tog! Die beurtkrag storie is nou al net soos covid, holrug gery. In beide gevalle word dit as ñ politieke speelbal misbruik. Watter oorkoepelende internasionale organisasie kan ñ einde bring aan hierdie narrevertonings?

Perdeby ·

Nou ja toe gedink hulle het gesê eers beurtkrag van Maart???

Anton ·

Ek wonder of die sagteware wat hulle salaris betaal ooit beurt betalings doen?

Sarel ·

Hoekom het Eenhede onklaar geraak…due verbruiker dra die las so ons behoort te weet….Dit kom neer op Sabotasie van die Land se hulpbronne

Koen ·

Jy kan kwalik Eskom as ‘n hulpbron klasifiseer. Dis een enorme las.

Andre ·

Dieselfde afgesaagde storie oor en oor.
Net n kwessie van tyd vir n algehele ineenstorting

FC ·

Nou moet verbruiker weer krag spaar, boet vir Eksdom se eie oorsaak, en Eksdom soek 20% verhoging van gebruiker. Soos Gerhard sê, “een groot sirkus”

Keelvol ·

Sou gedink het, dat die mense in Kempton Park die rondte beurtkrag gespaar sou word. Ons het nog in laas week 4 dae sonder Krag gesit, insluitend die maandag wat verby is.

Maar nee, ons moet maar ook gebuk gegaan. Terwyl ander plekke nie n ding soos beurtkrag ken nie.

Samuel ·

Wanneer Eskom waarsku oor moontlike beurtkrag, kan dit as ‘n feit aanvaar word dat beurtkrag volgende dag ingestel sal word. Moet ook nie asem ophou dat dit net tot Maandagoggend sal duur nie. Pragtige voorbeeld van wat staatskaping kan doen.

piet ·

Hoe lank is De Ruyter nou al in beheer van sake? Sover ek kan onthou, het hy gese hy gaan die sakie sommer vinnig regruk in 2 jaar se tyd met ondermeer deurlopende onderhoudswerk, opknappings en uitbreidings. Hoe dan nou?

BARNEY ·

Hulle maak ons sag vir die beplande verhoging in tariewe, deur n sogenaamde onbeplande onderhouds plan.

SlinkseKoljander ·

Die ANC soek geld! En hulle gee glad nie om, om die mense van ons land te verongemaklik nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.