Fase 2-beurtkrag ingestel

Die Kusile-kragsentrale. (Foto: Wikus de Wet/AFP)

Fase 2-beurtkrag sal Maandag om 17:00 in werking gestel word en tot Woensdag om 05:00 duur – nadat ʼn eenheid by onderskeidelik die Matla-, Kendal-, Matimba-, Kusile- en Grootvlei-kragsentrale sedert vanoggend uitgeskop het.

Eskom het kort gelede gesê eenheid 3 by die Medupi-kragsentrale het ook nou uitgeskop, wat beteken beurtkrag word vroeër in werking gestel as wat die kragvoorsiener aanvanklik aangekondig het.

Benewens ander eenhede wat oor die naweek uitgeskop het, moes ʼn eenheid elk by die Hendrina- en Arnot-kragsentrale ook noodgedwonge afgeskakel word. Dit het beteken die kragvoorsiener moes sedertdien swaar steun op sy noodopwekkingsreserwes om die ligte aan te hou.

Eskom het gewaarsku dat verdere beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word indien nog probleme opduik.

Onvoorsiene probleme by kragsentrales het beteken 14 508 MW is nie beskikbaar nie, terwyl 6 307 MW weens beplande instandhoudingswerk reeds uit die netwerk gehaal is. Hierdie syfers is verskaf voor Eskom inligting oor die probleem by Medupi bekend gemaak het.

Eskom sê hy verwag dat sommige van die opwekkingseenhede oor die volgende 24 uur weer in diens gestel sal word en het mense gevra om hul kragverbruik in te kort.

‘n Mediakonferensie oor die stand van die netwerk word Dinsdag om 10:00 gehou.

  • Hierdie berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Jessey ·

En ons Sports begin vroeg, gaan seker nou weer allerhande stories wees want Nersa het nie die verhoging goedgekeur nie en Bennie Boekwurm gaan ook die skuld kry saam met wat in die Ukraine aangaan, maar nooit word verantwoordelikheid aanvaar nie. Dis ‘n lagwekkende affere van groot gemors met vinger wysende narre.

Harley Davidson ·

Smaak my de ryter kom ook nie die mas op nie maar staan vas oor die vet salaris wat hy ontvang.

Jr ·

Man hy is USELESS. HY het gesê hy kan dit regruk. Hy doen nie maintenance en is net geworry om die boeke se balans reg te laat lyk. Maak nie saak of hy die betaalende klient bankrot maak of lamsak maak.

piet ·

Jy’s reg Jr. Die ruiter wil net die boeke laat klop maar dan val die beoogde en noodsaaklike maintenance van die wa af want hy wil nie genoeg daarop spandeer nie met die gevolg dat die verbruiker met substandaard diens tevrede moet wees.

piet ·

Kragonderbrekings is die ergste ooit tydens sy termyn. Useless, ek gaan hom nie verdedig net omdat hy ‘n Afrikaner is nie. Hy’t belowe om die ding reg te ruk in 2-jaar. Hy’t gefaal. Kry iemand anders.

piet ·

Stem. Bring Molefe terug. Hy het selfs met vrot gehalte gupta steenkool die storie aan die gang gehou.

piet ·

Daar was geen kragonderbrekings gedurende 2015 tot 2017 toe Molefe aan roer van sake was nie. Iemand moes toe iets reg gedoen het of ten minste gesorg het dat die ligte aanbly.

Keelvol ·

De ruyter is n teleurstelling. Hy moet begin om Sy werk te doen.

piet ·

Barend – Maar die kragonderbrekings het met 50% toegeneem…..

piet ·

Eskom se skuld het afgekom omdat hulle tariewe met 50% opgegaan het.

JANA ·

Die elektrisiteit gaan af weens die 2de handse trekker pryse wat gedaal het in Pole. Die rede het die brandstof prys laat styg in SA. As jy dit verstaan dan verstaan jy Afrika.

Jr ·

9.6% increase vir iets wat hulle nie kan gee. Ja de Ruyter net in SA

VaalDonkie ·

My “home office” is darem al so dat dit heeldag op ‘n 105Ah battery kan funksioneer. Ek sal einde van die maand ‘n sonpaneel byvoeg sodat ek dit nie eens met Eskom hoef te laai nie. En verder kook en stort ons met gas. Eintlik is dit net die wasmajien en Ouma se tuisbedryf wat nog Eskom nodig het. Maar ons werk daaraan.

Keelvol ·

Al so keelvol vir die nonsens wat nooit tot n einde wil kom nie.

MakersMark ·

Tipies Eskom styl net 9.6% van die 20% aangevraagde verhogings gekry nou breek als op een dag. De ridder en sy span maak dit net nie. Net soos by die verpakkings maatskappy – baie praat, groot beloftes maar als gaan agteruit. In tussen tyd kry hy sy salaris en verhoging elke jaar.

Hennie ·

Dis wat gebeur as jy nie die de Ruiter mafia 20% verhoging wil gee nie, julle pleppe!

Corne123 ·

Wat dink hulle? ons is nie onosel nie.hulle soek helse verhoogings maar kan nie eers die krag aan hou nie en dan eweskielik gaan 4 goed sommer so tegelyk.Eskom praat strooi man die hele spul is pateties vanaf top bestuur reg deur die bank

Sarel ·

Om net Beyrtkrag in texstel is nie genoeg nie. Die Publiek moet ingelig word oor redes vir die ” onvoorsuene probleme” Horkom due Eenhede af is en wie is verantwoordelik. Eskom hou die gebruiker gevange en dit is net nie meer aanvaarbaaar nie

Di ·

Die enigstes wat VERANTWOORDELIK is vir hierdie gemors is die Korrupte Regering! Help nie om de Ruyter te stenig nie, HY is nie die een wat ons in hierdie gemors laat beland het nie. Hierdie is die gevolge van JARE van GEEN INSTANDHOUNDING en KORRUPSIE, punt

piet ·

Hoe was dit dan moontlik dat daar geen kragonderbrekings was toe Molefe 2015 tot 2017 aan die roer van sake was nie? As daar geen instandhouding was nie sou daar kragonderbrekings gewees het toe. Kragonderbrekings is die meeste OOIT tydens die ruiter era. Nee wat, hierdie ou is nie opgewasse nie. Mooipraatjies en beloftetjies beteken niks. The proof is in the pudding. Kry iemand anders WAT DIE WERK KAN DOEN EN DIE LIGTE KAN AANHOU.

Smurf ·

Beurtkrag is soos onbevoegdheid……….gaan permanent met ons wees.

Genis ·

Met al die krag onderbreukings moet ons eindelik baie minder betaal….

Arno ·

Julle is onbekwaam. Waarvoor betaal ons die hoe tariewe maar het nooit krag nie? Sien nerens dat julle die buurlande se krag afsit wat julle spot goedkoop aan hulle lewer nie. Maar ons sit sonder krag. Wie betaal ons persoonlikke skade???????

piet ·

Van hierdie kragstasies (soos Medupi) het gereeld probleme. Teen hierdie tyd moes daar al lankal tegnici op ‘n 24-uur grondslag by hierdie betrokke kragstasie geplaas/gestasioneer wees om die gedoente deurlopend te monitor en te onderhou. Klink vir my na ‘n heel logiese oplossing. Tans word daar lyk my gewag tot die paw paw die fan WEER strike en dan wil ons regmaak.

krodedil ·

Daar is 24 uur tegnici by die groter substasies. Die probleem kom in dat KFC te veel specials het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.