Fase 2 beurtkrag nou ingestel

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het aangekondig beurtkrag gaan van Dinsdag om 16:00 weer toegepas word.

Volgens die kragvoorsiener sal fase 2-beurtkrag Dinsdag tot 22:00 en Woensdag weer van 09:00 tot 22:00 toegepas word.

Eskom het vroeër in ’n verklaring gesê hy verwag die kragnetwerk gaan vir die res van die week onder erge druk verkeer weens die kouefront wat groot dele van die land getref het.

Die kragvoorsiener het Dinsdagmiddag opnuut ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om elektrisiteit spaarsamig te gebruik te midde van voortdurende druk op die kragnetwerk weens opwekkingseenhede wat die gees gegee het.

Eskom in ’n verklaring gesê ses opwekkingseenhede is Maandag weer in diens gestel by die Medupi-, Tutuka-, Kendal-, Majuba- en Grootvlei-kragstasie.

“Die feit dat vier eenhede oornag en Dinsdagoggend by Medupi, Duvha, Majuba en Lethabo onklaar geraak het asook ʼn vertraging in die verwagte terugkeer na diens van ʼn eenheid by Medupi het egter daartoe gelei dat die kragstelsel beperk is.”

Onbeplande kragonderbrekings het vanmiddag op meer as 11 900 MW gestaan wat bydra tot die 4 350 MW wat tans beplan word vir instandhoudingswerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek is SOOOOO moeg vir Eskom! Ons betaal julle vir ‘n uiters patetiese diens!!! Julle is onstabiel nie ons wat betaal nie so gaan werk vir jou geld! Hier moet ons ook iemand begin boikot regtig, want dis winter ook nog en ons moet in die koue sit. My generator loop nie op spoeg nie kom by asb

Miskruiertjie ·

Laat ek nou maar my naam gestand doen… Eskom is gevaarliker vir SA se ekonomie as wat die Corona virus kan droom om te wees! Die ergste van alles is, is dat daar nooit ‘n kuur vir Eskom gevind sal word nie. Ten minste is daar hoop vir ‘n entstof teen Kovid-19 danksy die Russe! Die oplossing vir instellings so Eskom en SAA is privatisering, maar ons huidige regering sal nooit die vleispotte van Egipte prysgee nie. Hulle sal eerder voortgaan om ‘n dooie donkie holrug te ry en dan nog soos ‘n meulsteen om ons belastingbetalers se nekke kom hang. Eskom sal enige verskoning uitdink van ou, foutiewe infrastruktuur tot die weer. Hello Darkness, my old friend!

Annelize ·

Ja? En wat het ek NET vroeer vandag op ‘n ander berig gese? As Eskom “waarsku” dan moet jy maar weet dis ‘n uitgemaakte saak, en hier is dit nou. Ek, en ek glo die res van SA lees Eskom al soos ‘n boek.

Marius ·

ESKOM – Julle kon nie n beter tyd gekies het nie . Dit is nie asof die land bibber van die koue nie . Dan verwag julle die mense moet weer vir julle stem – ek dink nie si nie .

Knormoer ·

As almal in die land geweet het ons gaan meer as 3 dae loadshedding die winter he, is almal in die land nie meer bevoeg om Eskom te run as de Ruyter nie?

Rentia ·

Hoe maak jy een dag reg en volgende dag breek presies dieselfde een? Hoe het jy dan “reggemaak”? Nee wat Eskom, is julle bonusse van miljoene nie goed genoeg om vir ‘n slag bietjie te werk nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.