Fase 2-beurtkrag Saterdag ingestel

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het aangekondig dat hy vanmiddag fase 2-beurtkrag gaan toepas voor daar weer vanaand fase 1-beurtkrag toegepas sal word.

“Beurtkrag sal van fase 1 na fase 2 skuif van 12:00 tot 20:00, waarna daar van 20:00 tot 22:00 weer fase 1-beurtkrag toegepas sal word,” het die kragvoorsiener gesê.

Eskom het Saterdag 08:00 met fase 1-beurtkrag begin. Die kragvoorsiener het Vrydag aangekondig dat hy ʼn dringende aansoek by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ingedien het om die elektrisiteitstarief met 25,3% te verhoog vir die 2015/16-boekjaar.

Eskom het die afgelope ruk sogenaamde “instandhoudingsfeeste” gehou waartydens ingenieurs grootskaalse instandhouding gedoen het om gereed te maak vir die winter. Brian Molefe, Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, het vroeër aan parlementslede gesê Eskom sal teen die einde van vanjaar ʼn bykomende 3 000 MW moet kry.

Eskom spook om die ligte aan te hou weens een van sy steenkoolbergingsilo’s wat ineengestort het, dieseltekorte en instandhoudingsprobleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Janine du Plessis ·

Wonder hoeveel het die DA se konferensie en die uitsaai-debakel hiermee te doen? Word dalk nie so onskuldig afgeskakel nie. Was vandag vanaf 12:00 tot 14:05 sonder elektrisiteit (WP). Ons kry gewoonlik saans beurtkrag. Was baie vreemd.

Piet ·

Eskom is besig om die land vinniger in sy peetjie te stuur as wat ons verwag het.

Piet ·

Eskom is besig om die land vinniger in sy peetjie te stuur as wat ons verwag het.

ig ·

Daar is n Advertensie wat in die Vaaldriehoek van n besigheid wat goedkoop,eenvoudige kragopwekking adverteer maar na navrae is alles baie vaag en die eienaar was maar ekonomies met sy inligting en beskikbaarheid van die produk.Nog n Foefie? Hy adverteer onder http://www.greenpowetr200.com.Sel no078 904 5152.

CHRISTA ·

Hier in Edenvale, Ekurhuleni brand ons straatligte al vanaf Vrydag DAG EN NAG!! Dalk kan HULLE Eskom van krag voorsien!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.