Fase 2-beurtkrag skop vroeër in

(Argieffoto: Tracey Adams/ANA)

Eskom het fase 2-beurtkrag Maandag reeds om 18:00 in werking gestel.

Dit nadat die kragvoorsiener aanvanklik afgekondig het dat beurtkrag Maandag- en Dinsdagaand om 21:00 in werking sou tree.

Eskom sê egter nou hy is genoop om beurtkrag drie uur vroeër in werking te stel nadat sy Kusile-eenheid 1 en Matimba-eenheid 5 uitgeskop en 1 300 MW uit die netwerk gehaal het.

Maroela Media het vroeër berig beurtkrag geld weer sedert die naweek nadat die een na die ander opwekkingseenhede uitgeskop het.

Fase 2-beurtkrag sal steeds tot Dinsdagoggend omstreeks 05:00 geld waarna dit Dinsdagaand weer om 21:00 in werking sal tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

GEEN MAAR GEEN BEPLANNINGS VERMOË! Absolute SKANDE! Net GEEN verandwoordelikheid of aanspreeklikheid vir onbesonne onbevoegdheid wat bloot elke maand met n salaris beloon word….ANC LEGACY OF DISMALL FAILURE

Anton ·

Ek verstaan nie hoe Kusile-eenheid 1 uitskop, as dit splinternuut is. Teken tog vir my n prentjie, eks maar dom.
Interessant…. Na n studie van Daniel, blyk dit dat Nebukadnessar het sy troepe opdrag gegee om al die slim mense in lande wat hulle annekseer, gevange te neem. Hy het hulle vir 3 jaar universiteit toe gestuur, en die bestes vir sy eie regering gehou. Die res is terug na hul land van herkoms om te begin ontwikkel volgens Babilonse riglyne.
Kan enigiemand indink waar ons almal vandag sou wees, (nie net blankes nie) as die ANC die resep bestudeer en gevolg het.
My vraag, hoe lank wil julle ouens nog hierdie swaar juk dra?

Dirk Mostert ·

Onder die huidige demografie, tot die wederkoms. Die beplande “Grand Reset” hou dalk tog voordele in, mits meeste van ons daarbuite bly

Piet ·

Steek de ruyter en oberholzer in die pad hulle net so useless soos anc regering!!!Hierdie is beslis sabotasie deur eskom werkers en hul bestuur!!!!!

Swartskaap ·

Dit sal niks help as jy de ruiter en oberholzer ontslaan nie. Die hele gedoente is totaal vrot. Daar sal geen ommekeer wees nie. Beplan eerder jou eie onafhanklikheid van eskom.

annie ·

Is hier geen sabotasie gepleeg nie? Alles gebeur sommer so vanselwers of is daar dalk weer verhogings of afleggings in die pynlyn? Iets voel bietjie te veel van dieselfde gebeur so saam. Dit is nie winter nie en ook nie vreeslik warm nie. Hier kom wel ‘n verkiesing. En stakings is ook aan die gang. En diegene wat weet is tjoepstil.

Papsak ·

Ou suid afrika was baie beter as die nuwe suid afrika ou suid afrika het ons nie sulke dinge gehad of geken nie ons nooit beurtkrag geken nie kyk nou klomp patete regtig het land in grond in

Nico ·

Geen beplanning of bevoegde mense nie, kry van die afgetrede ingieurs weer terug dat hulle julle kan leer hoe om dinge te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.