Fase 2-beurtkrag Sondag ingestel

Argieffoto (kimwonyeul, Pixabay)

Argieffoto (kimwonyeul, Pixabay)

Eskom het Sondag aangekondig dat hy fase 2 beurtkrag vir die grootste deel van die dag sal toepas.

“Fase 2-beurtkrag sal om 10:00 begin en moontlik tot 22:00 voortduur,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. “Daar is ʼn gebrek aan opwekkingskrag, aangesien verskeie eenhede tans buite werking is as gevolg van beplande en onbeplande afskakeling.”

Eskom het gesê hy wil gebruikers verseker dat beurtkrag ingestel word as ʼn noodsaaklike maatreël om die kragstelsel te beskerm teen ʼn algehele verdonkering. Die maatskappy versoek gebruikers om die lading op die elektrisiteitsnetwerk te verlig deur dringend geisers, lugverkoelers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.

Handelsgebruikers, veral winkelsentra en kantoorblokke word versoek om nie-noodsaaklike ligte en toestelle soos fotokopieerders of rekenaars na-ure af te skakel.

Klik hier om die beurtkragskedule te sien indien jy ʼn Eskom-kliënt is of skakel 0860 037 566.
Munisipale kliënte moet hul munisipaliteit kontak vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CJAN ·

Voor kerskrag en parraffien lampe watse krag het SA gebruik?
Natuurlik Elekrieseteit.

Boesman ·

Ek sit nog so lekker in die fliek vanoggend met die popcorn in een hand en die Coke in die ander toe woof! Beurtrag. EISH!

Jan ·

vreem, toe die Paasnaweek was (lees: die helfte van Eskom se mense met verlof), was daar geen kragonderbrekings nie. Noudat die vakansie verby is, sukkel ons weer.

Dalk moet die helfte maar op permanente verlof gaan want lyk my hulle werk teen mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.