Fase 2-beurtkrag Sondag óók toegepas

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat hy Sondag ook vanaf 08:00 fase 2-beurtkrag gaan toepas, en dat dit na verwagting tot 22:00 sal voortduur.

Die kragvoorsiener het Saterdag ook tussen 08:00 en 22:00 landswyd fase 2-beurtkrag toegepas.

“Die kragnetwerk is tans onder druk weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. Eskom skryf dit toe aan instandhouding wat by kragstasies gedoen word. Eskom wil ook deur die loop van die dag reserwes opbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.