Fase 2-beurtkrag toegepas

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het vroeg Saterdagoggend fase 2-beurtkrag begin toepas.

“Eskom sal van 07:00 tot 22:00 vanaand fase 2-beurtkrag toepas. Dit is weens ʼn tekort aan opwekkingseenhede en lae reserwevlakke by ons pompopgaarskemas en oopsiklus-gasturbines,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Dit is belangrik om daarop te let dat Eskom beurtkrag toepas as ʼn noodsaaklike maatreël om die kragnetwerk te beskerm en te verseker dat instandhouding gedoen word ten einde te verseker dat ’n betroubare voorsiening van elektrisiteit op lang termyn volgehou kan word.”

Gebruikers wat hul elektrisiteit direk van Eskom ontvang, kan die beurtkragskedule hier sien. Gebruikers wat deur hul munisipaliteit elektrisiteit ontvang, moet die betrokke munisipaliteit se webwerf besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

John ·

Die ekonomie is alreeds agv beurtkrag erg gekou. Hierdie redes wat gegee word as reserwe tekorte is ñ direkte verwysing na iemand wat nie sy of haar werk gedoen het nie. Hoe kan daar ñ te kort van reserwes ontstaan, soos in die berig na verwys word, indien ñ sisteem van minimum vlakke geimplimenteer word. Dit wil voorkom of hier iets meer agter sit dan net reserwes.

johan ·

Solank daar onbevoegde bestuur is sal Suid Afrika altyd ‘n promleem met krag he.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit gebeur wanneer onbevoegte kaders aan die stuur van sake staan. Ek wens dat Eskom geprivatseer word sodat daar huis skoongemaak word onder die parasiete wat in beheer is en dat mense wat weet hoe aan ons krag kan voorsien. Nee genugtig dit is erg.

Lojalis ·

Ek dink ESKOM dra net die belange van die hele land op die hart. Wat moet hulle dan nou doen as die aanvraag hoër as die beskikbare krag is? Ons mense kla te gou – beurtkrag is self in Europese lande van krag. Besighede moet belê in ‘n goeie kragopwekker en minder luukse motors vir die eienaars koop. Wees bietjie lojaal teen ons land en help ‘n bietjie deur minder te kla en meer positief te wees. Twee ure per dag sonderkrag teenoor 22 ure met krag uit 24 uur lyk mos vir my nie te sleg nie! Kom broers, byt vas! dit kan net beter gaan!

chris ·

Lojalis.
Kom ek maak van jou ‘n realis.
Daar is sowat 37% minder krag vandag as in 94.Dit behoort vir jou te se dat die kommentare nie net geldig is nie maar gepas.As jy die positiewe wil raak sien en lojaal wees teenoor die swak bestuur en werk wat BBEEE bring, kan jy seker se ,dit is goed want dit kon dalk 50% gewees het.
Nee wat hulle kan nie eers dieselfde kragopwek soos in 94 nie dws hulle kan nie eers die bestaande handhaaf nie.Nou word die verskoning gebruik dat hulle die belange van die hele land dra.Snert man inien so hoekom minder krag lewer as in 94.
Dit is die realiteit.Maak maar toe die oe en wees positief .
Ja swaer.

Realis (voorheen Lojalis) ·

Chris, jy oortuig my nie swaer. Die aanvraag na 1994 het gestyg omdat almal toegang tot krag moet hê, nie net sekere bevoorregtes nie. Die realiteit is, om 2 ure per dag te help dat die land se ligte aanbly, is mos nie te veel gevra nie? Dis naweek man, ontspan daai boude bietjie! Sien die ligter sy van die saak, nie net die ekonomiese gevolge nie. Ek sê weer – vir 91,67% van die tyd het jy krag. Jy kan mos nie die volle 24 uur die ligte laat brand nie, pêl! Pas net aan, en hou op moan! Ons vir jou Suid-Afrika! Viva!

danie ·

Net een dom vraag, waar word die reserve krag gestoor wat besig is om laag te loop. Of verwys hulle na minder opwekers wat gebruik word.

CHRISTA ·

Lojalis, die ANC is reeds vanaf 94 gewaarsku dat hulle MEER kragstasies sal moet bou, maar hulle het gedink dis ‘n grap – dit was seker ‘n wit elektriese ingenieur wat hulle gewaarsku het! Hulle het naamsveranderings van dorpe, stede, strate en insansies wat miljarde gekos het belangriker geag. Die kostes wat hulle nou moet aangaan om die kragstasies te bou sou hulle in 94 in staat gestel het om ten minste 3 maal soveel kragstasies te bou!!! Hulle het toe ook meer ingenieurs gehad!!!

Realis ·

Christa, gee die mense tog kans man! Hulle vaar nie te sleg om sonder ervaring steeds vir jou 92% van die dag krag te voorsien (teen redelike tarief vgl. wêreldpryse) sodat jy jou sepies kan kyk nie. “Have a heart” ou girl; hulle is nou die regering en jy die belastingbetaler. Jou rassistiese opmerking hoort nie in ‘n logiese debat nie.

danie ·

Op n positiewe noot, op die een kant is die loadshedding besig om besighede skade te doen. (Die wat nie generators het nie), maar aan die ander kant het die verkope op generators en nood ligte en UPS ver dubbel. Ek weet want my besigheid se omset het verdubbel. En daar is werks geleenthede wat geskep word. Soos hulle se die een se dood is die ander een se brood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.