Fase 2-beurtkrag toegepas

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Donderdagmiddag van 17:00 fase 2-beurtkrag begin toepas.

“Beurtkrag skuif om 17:00 van fase 1 na fase 2 en sal na verwagting tot 22:00 voortduur,” het Eskom in ʼn verklaring gesê. “Die kouer weerstoestande plaas verdere druk op die netwerk.”

Eskom het gesê alhoewel sekere dele vir ʼn bepaalde periode nie elektrisiteit sal hê nie, sal ongeveer 93% van Suid-Afrikaners op dieselfde tyd steeds volle kragtoevoer ontvang.

“Ons bedank alle gebruikers wat reageer op ons versoek om krag te bespaar en ons moedig almal aan om steeds so veel as moontlik te bespaak, aangesien elke bietjie help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

scalla ·

Is al keelvol vir dit, wanneer gaan hul besef hul het nie die vermoe om verder te dink nie!!!!

eunice ·

dis hier om te bly mense moet dit begin besef, die land is kaput – kry opwekkers en skop eskom in die agterkant

pop ·

Word wakker< beurtkrag is hier om te bly. Maak dit maar n lewenswyse. Ons het groot kragopwekker en skakel net oor as die krag afgaan. Alles werk behalwe geiser, maar dit pla nie. Het fridge safe en tv safe gekry en gebruik dit om ons goed te beskerm. Het n aardige bedrag gekos, maar ek betaal liewers af daaraan as om met suur gesig te sit, en bekommernis oor my goed wat vries en ontvries ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.