Fase 2-beurtkrag vanaand opgeskort

(Foto: pixabay)

Fase 2-beurtkrag word Donderdagaand om 21:00 opgeskort voordat fase 1-beurtkrag Vrydagoggend om 05:00 in werking tree.

Dié fase sal dan na verwagting tot Vrydag 21:00 duur voordat dit weer opgehef word.

Eskom kon die afgelope 24 uur agt kragopwekkingseenhede aan die netwerk koppel. “Tesame met beurtkrag wat toegepas is, kon ons die damvlakke by pompstasies herstel en beurtkrag sal dus vanaand om 21:00 opgeskort word.”

Dieseltenkvlakke by drie van die vier oopsiklusgasturbines (OCGT)-kragstasies bly egter laag en fase 1-beurtkrag sal dus Vrydag van 05:00 – 21:00 toegepas word.

Onbeplande instandhouding beteken dat 15 605 MW tans nie in die netwerk beskikbaar is nie terwyl beplande instandhouding 3 604 MW van die netwerk verg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Skort Fase 2 op en more fase 4 ingestel vur die naweek.
Mrt groot ” regret” en ” apology” natuurlik

Jeffrey ·

SNERT!! Ons was gisteraand geloadshed vanaf 8 tot 10PM !!!

Swerwer ·

Glo nie ‘n woord nie. Gisteraand van 6 tot net voor 9 sonder krag gewees. Wonder watter fase beurtkrag dit is, of kan die Munisipale werkers nie tyd lees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.