Fase 2 om noodreserwes aan te vul

(Foto: Sixteen miles out / Unsplash)

Eskom het Sondagoggend aangekondig dat fase 2-beurtkrag om 16:00 ingestel gaan word sodat hy sy noodreserwes in aanloop tot die nuwe week kan aanvul.

Fase 2 sal in dié stadium tot Maandag 05:00 geld.

Volgens Eskom sal beurtkrag daarna tot 16:00 Maandag opgeskort word voordat fase 2 weer sal inskop en tot Dinsdag 05:00 sal geld.

“Hierdie patroon van opgeskorte beurtkrag vanaf 05:00 tot 16:00 en fase 2-beurtkrag vanaf 16:00 tot 05:00 sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael ·

Suid-Afrika is seker die enigste piesang republiek wat so baie ” beurtkrag ” het.

annie ·

Replenish is darem ‘n lekker ding. Diesel is die tweede trekos se naam: Replenish en diesel wat ons wa daagliks deur die drif moet trek met voor op die wa ons senator van formaat wat die sweep swaai. Wat sou sy salaris wees vir dié diepsinnige taak?

OU SAAR ·

Ja @Michael, en saam met die beurtkrag bly styg die tariewe ook.
Daai klop nie vir my nie.
Wie se krag betaal ons nog…?

Casper ·

Ou Saar onthou die buurlande skuld eskom ook biljoene,Na verwagting sal 3 eenhede vandag aanlyn gebring word aldus eskom,is beurtkrag dan nog nodig,seker om noodreserwes aan te vul en die trog vol te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.