Fase 3-beurtkrag ingestel

(Argieffoto: Unsplash)

Beurtkrag is Woensdag verhoog van fase 2 na fase 3, wat beteken dat Suid-Afrikaners meer gereeld beurtkrag sal hê as wat gister die geval was.

Eskom het aangekondig dat fase 3-beurtkrag Woensdag om 13:00 in werking tree en tot Donderdag om 06:00 sal duur.

Die kragvoorsiener sê die netwerk is steeds onder druk omdat groot meganiese probleme die afgelope drie dae ondervind is. Hy kon ook nie gister al sy noodopwekkingsreserwes aanvul nie.

Eskom sê die kragstelsel is onvoorspelbaar en beurtkrag sal waarskynlik ook Donderdag ingestel word.

’n Opwekkingseenheid by elk van drie kragstasies – Lethabo, Duvha en Kendal – is Woensdag van die kragnetwerk gehaal vir dringende instandhoudingswerk. Dit het bygedra tot die groot tekort aan opwekkingsvermoë wat die kragvoorsiener tans ervaar.

Altesaam 4 858 MW is weens beplande instandhoudingswerk en nog 14 521 MW weens onbeplande instandhoudingwerk nie in die netwerk beskikbaar nie.

Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hannes ·

Ek sê julle wat Eskom, maak dit nog moeliker vir potensiële solar gebruikers om nie solar te gebruik nie! Dit maak mos sin om mense wat jou las verlaag te penaliseer?

Dup ·

Ai Eishkom,waarom sit julle nie maar die ligte permanent af nie, vat julle se kosblikke,sluit die deure en gaan (permanent) huistoe nie?
Die boekie met verskonings is seker nou ook deurgelees.
Ek is seker daar is mense in die privaatsektor wie die probleme gou sal kan uitstryk.

Tipper ·

Jy kan met ou Matat niks uitvoer nie en jy kan met hom niks begin nie.

Samuel ·

Laat weet die buiteland Suid-Afrika is permanent toe. No business at all.

Magda ·

Veral die nuwe Investments – Dink dit is FORD en dan nog besighede – laat almal weet SUID AFRIKA IS VAN DIE BAAN AF – PERMANENT TOE – CLOSED FOR BUSINESS PERMANENTLY

Johann ·

As iemand ooit sou wonder hoe n amperse bizarre onbevoegdheid lyk as dit kom by beplanning…DIS hoe dit lyk. Geen, maar geen praktiese gedagtes eers oor vooruit dink en doen nie! Seker een van die grootste bewyse van die totale onbekwame chaos wat die ANC tot gevolg het. ANC LEGACY!!!!!!

Spyker ·

Happy days are here again, nog n vlaag bevolkings ontploffing op die horison, as die ligte en die TV af is, wat is daar dan anders om te doe?

Kaptein ·

Die inwoners van Suid Afrika vra dat Eskom ophou verskpnings maak vir hulle( Eskom) swak beplanning en bestuur van die krag netwerk. Dit is uiters pateties.

Persheks Adri ·

Maak julle gemors reg man! Ons betaal vir die patesiese diens gggmmmfff! Ons almal is onder druk magtag man

JohanR ·

Was ‘n dag verlede week in die Mall toe die krag afgaan. Geen hysers en geen roltrappe wat werk. Van ‘n Mall wat tjok en blok vol was met mense wat hulle geld spandeer het, was dit binne 30 minute amper leeg. Wie wil nou in ‘n plek wees waar die krag vir twee/drie ure gaan af wees. Dit is maar een Mall waar mense hulle geld spandeer. Dink maar landwyd elke dag hoeveel geld Malls verloor?

Deon ·

“Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik”, watter elektrisiteit, en vir hoe lank nog

Anti-Verkramp ·

Ek het dit al vantevore gese en ek se dit weer. Toe die nuwe man daar begin het, het hy verduidelik dat die stelsels oud is en alles opgeknap moet word, dit sal minstens 2 jaar duur. Dis ‘n gegewe en moet gedoen word. Wat hy toe moes gedoen het, is om te se dat die hele land vir die volgende 2 jaar ELKE DAG fase-2 beurtkrag kan VERWAG terwyl die stelsel opgeknap word en dat almal hul skedule moet nagaan en vooruit beplan. Dan het ons nie nou die media frenzy en gemoanery gesien wat ons nou sien elke keer as die ligte afgaan nie. Hy kon net bygevoeg het dat hy elke 6 maande terugvoer sal gee oor die situasie, andersins slegs in uiterste noodgevalle. Dis al, afgehandel. PR mense PR.

Danie ·

Ek dink nie Eskom besef hoe ontwrigtend dit vir ons as besproeingsboere is nie!!!!!!

Menan ·

Op ons klein dorpie is dit ‘n verskriklike probleem. Wanneer daar load shedding is, het ons nie water nie want die pompe is af. Wanneer ons krag aankom, kry ons nog steed nie water nie want die dam wat ons voer (sowat 30km van ons af), het dan load shedding. En so gaan dit aan en aan. Ons het in Januarie net drie keer kon stort. Al die ander dae is dit emmers met water soos toeka se tyd. Dit gaan al jare so aan. Nog jare voor load shedding begin het, het ons al probleme met water gehad. Maklik in die koers van 14 jaar.

Knormoer ·

Eskom probeer gou die laaste paar besighede wat somehow covid oorleef het doodmaak.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis tyd dat elke dorp en stad begin met bondel-beurtkrag. Die fabrieke doen hul werk snags en die winkels skaal hul krag af in fases. Verder gebruik wegneemete-plekke en bakkerye gas in plaas van elektrisiteit. Die ekstra krag is dan genoeg dat beurtkrag eers teen fase 8 ingestel word. Estcourt is een van die handvol plekkies wat bondel-beurtkrag gebruik.

Karina ·

Mense wat dit kan bekostig en veral nou huise bou, sorg vir solar panele, inverters en kom heeltemal van die grid af. Ek ken iemand wat dit gedoen het, tydens beurtkrag werk alles, net die die mikrogolf en stoof oond nie omdat dit te veel krag trek. Verder het hulle elektrisiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.