Fase 3-beurtkrag ingestel

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Donderdagmiddag omstreeks 16:00 fase 3-beurtkrag begin toepas.

“Dit sal na verwagting tot 23:00 duur,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Bykomende eenhede moes van die netwerk afgehaal word weens onbeplande instandhoudingswerk wat gedoen moes word weens tegniese foute.

Donderdag is die eerste keer hierdie jaar wat Eskom fase 3-beurtkrag toepas. Eskom moes op 5 Desember 2014 ook fase 3-beurtkrag instel.

Eskom het Woensdag gesê ʼn voerband op eenheid 3 by Majuba-kragstasie haak vas en eenheid 2 by Duvha het Dinsdagaand afgeskakel. Een van Koeberg se eenhede, wat 900 MW aan die netwerk verskaf, moes Sondag ook weens ʼn tegniese fout van die netwerk afgehaal word. Die betrokke eenheid by Koeberg is geskeduleer om Maandag, 9 Februarie tot Mei-maand van die netwerk afgehaal te word vir instandhoudingswerk.

Eskom pas beurtkrag toe om ‘n landwye verdonkering te probeer verhoed.

Lees alle vorige berigte oor beurtkrag op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Iemand ·

Die krag hier op Levubu in Limpopo is al van 11 uur vanogend af. 4uur het beurt krag begin en 6uur het dit probeer aankom toe gaam dit weer af. Die muslikepaletyt tel nie die foon meer op nie en dit lyk op die stadium asof die krag nie gaan aangaan nie.
Ons maak piesangs ryp soos baie ander boere in die omgewing, em met die hittegolf kan mens nie sonder krag sit nie.
die boere vereniging hou mens op hoogte en praat met die mense in beheer hier, maar niemand weet wat aangaan oor die krag situasie nie.

charles ·

Ja nee hulle sal alles breek maar niks reg maak ek het vriende wat by n krag stasie werk hy/sy se dis beroerd hoe ongeletter die top base is.Dis skrikwekend as mens na die hele top structure van orals waar die Peanut brigade in beheer is uitmekaar val.

Bosvark ·

Die beleggers vir wie ons die land verkwansel het gaan hardloop.

Nico ·

As hulle Beurtkrag (blackouts) toepas op die buurlande sal ons eie mense nie so swaar trek nie (lande soos zimbabwe, mosambiek ens) Ons voorsien hulle maar geen blackouts vir hulle nie, ( 2+2 = 4 Dit bly n onoorkome raaisel vir die aan bewind ). Tragies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.