Fase 3-beurtkrag Vrydag van krag

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het aangekondig dat hy Vrydag fase 3-beurtkrag gaan toepas. Beurtkrag sal dan vir die res van die naweek voortduur.

Die kragvoorsiener het vanmiddag in ʼn verklaring gesê fase 3 sal môre vanaf 08:00 tot 22:00 ingestel word nadat fase 4 die afgelope twee dae in die land van krag was.

Luidens die verklaring word die faseverandering toegeskryf aan ʼn laer vraag na elektrisiteit danksy beter weersomstandighede.

Hoewel opwekkingseenhede by die Tutuka-, Matla-, Majuba- en Camden-kragsentrale herstel is, beleef nog twee eenhede egter tans kragonderbrekings.

Onbeplande kragonderbrekings het vanmiddag op 11 185 MW gestaan terwyl beplande instandhoudingswerk 5 040 MW uit die netwerk haal.

Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Persheks Adri ·

#Tsek Eskom tsek! Julle doen ons nie ‘n guns nie ons betaal vir patetiese diens!

agnes ·

Die 2 probleme is die oorsaak van gereelde krag onderbrekings n.l kennis en logika tekort aan bestuur en onderhoud.

Roebs ·

Ja nee nog ‘n klomp geld wat waarheen gaan ….. Ons land is in n gemors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.