Fase 3- en 4-beurtkrag dié week van krag

Argieffoto

Die kragvoorsiener het Sondag bevestig dat Fase 4-beurtkrag tot Maandag om 05:00 van krag sal wees om noodreserwes te bestuur.

Daarna sal Fase 3-beurtkrag vanaf 05:00 tot 16:00 geïmplementeer word, gevolg deur Fase 4-beurtkrag tot Dinsdag om 05:00.

Hierdie patroon – Fase 3-beurtkrag soggens en Fase 4-beurtkrag saans – sal daagliks herhaal word. Eskom sal die publiek in kennis stel indien enige beduidende veranderinge plaasvind.

Onbeplande kragonderbrekings staan op 12 648 MW en altesaam 6 814 MW is ook tans vir beplande instandhouding afgeskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.