Fase 4, 6-beurtkrag beurtelings toegepas

Argieffoto (Foto: Lukas Waynetrain / Pixabay)

Fase 4-beurtkrag sal Dinsdag tot 20:00 toegepas word waarna fase 6 van vanaand om 20:00 tot môreoggend om 05:00 ingestel word.

Volgens die kragvoorsiener is dit nodig om noodreserwes aan te vul.

Beurtkrag fase 4 geld weer môre van 05:00 tot 20:00.

“Die patroon van fase 4-beurtkrag tussen 05:00 en 20:00 en fase 6-beurtkrag van 20:00 tot 05:00 sal tot Saterdagoggend herhaal.”

Onbeplande kragonderbrekings het met 401 MW verhoog tot 15 825 MW.

Altesaam 6 835 MW is nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding.

Volgens Eskom is 1 300 MW weer die afgelope 24 uur aangeskakel.

“Ons monitor die kragstelsel noukeurig en sal inligting uitstuur sodra enige beduidende veranderings plaasvind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

ESKOM dink seker ons is almal mushrooms. Word letterlik in die donker gehou en bulltwang gevoer?

Ryan ·

Hoekom is daar ALTYD 22000+ mw onbeskikbaar? Wat maak julle om dié probleem reg te stel kaders!

Johan ·

Vra ek ook! Hulle lieg. Hulle hoop vir n wonderwerk… n Onbevoegde president stel onbevoegde ministers aan en so sneeubal die onbevoegdheid voort. Dit tesame met swak besluite & n bankrot staatskas gee vir ons die “gebakte pere”. Of seker ongebakte pere, wants daars nie krag om te bak nie.

Papsak ·

Vra ek mos ook wat doen hulle om krag probleem reg te kry ek weet NIKS waar gaan al die mw heen wat maak hulle met dit die hele regering en Ramaphosa sit agter eskom en krag probleem onbevoeg om werk te doen as jy my vra klaar !!!!!!!!

Ragnarok ·

Julle verstaan nie. Die ANC word betaal om n scapegoat te wees. Hierdie het al lankal begin oorsee. Hulle energie krisis is al laaaankal aan die gang.

Bostoe ·

Doe enigste manier hoe ons as burgers kan hoop op verandering van enige aard is om die klomp onbeholpe, onbevoegde, skelm patete volgende jaar uit te stem. Ons word regeer deur ‘n minderheids regering (as mens kyk na die stem persentasie van die vorige verkiesing) wat MOET uit. Hulle wou “change” hê voor ’94; dis nou weer tyd vir “change” en vinnig ook.

Waarnemer ·

En ek was onder die indruk die sogenaamde nood reserwes was laas week tydens die sogenaamde fase 6 wat eintlik fase 8 was,aangevul.Iemand LIEG darem erg hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.