Fase 4-beurtkrag geld nou tot Maandag

(Argieffoto: Unsplash)

Fase 4-beurtkrag is Saterdagaand om 20:00 geïmplementeer en sal na verwagting tot Maandag om 05:00 van krag wees.

Eskom voer aan dat die verhoogde fase ingestel is om damvlakke by die pompopgaarkragstasies aan te vul ter voorbereiding vir die week wat voorlê.

“Eskom sal voortgaan om die kragstelsel noukeurig te monitor en die fases van beurtkrag aan te pas soos nodig,” lui ʼn verklaring van die elektrisiteitsverskaffer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.