Fase 4‑beurtkrag geld van Dinsdagoggend af.
Eskom het ’n kort rukkie gelede aangekondig dat hy omstreeks 07:20 genoop was om beurtkrag van fase 2 tot fase 4 te verhoog.
Dít nadat eenheid 5 by die Majuba-kragstasie en eenheid 4 by die Tutuka-kragstasie uitgeskop het.
Eskom sal binnekort ’n verklaring met meer inligting uitreik.
Fase 4 volg kort nadat die energieverskaffer Sondag fase 2-beurtkrag op kort kennisgewing ingestel het nadat bykomende kragopwekkers die gees gegee het.
Eskom het aanvanklik beloof dat geen beurtkrag oor Paasnaweek ingestel sou word nie.
Regretfully, Eskom has just been forced to implement Stage 4 loadshedding at 07:20 following Majuba Unit 5 and Tutuka Unit 4 tripping. A full statement will be published in due course.
— Eskom Hld SOC Ltd (@Eskom_SA) April 19, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
46 Kommentare
ESKOM sal net verder kwyn met ANC aan bewind. Duisende oortollige dooie gewig werkers en belastingbetaler moet maar opdok vir hulle.
Ja ne
Die kragreus verander in n dwergie. Privatiseer die bodemlose put.
Now listen carefully – do you still think de Ruyter is a champion. Loadshedding worse ever under him and most expensive increases under him.
De Ruyter is ook nie die Ruiter op die wit perd om ons te kom red het nie… Elon Musk sê net Kernkrag is die oplossing vir die wêreld se krag probleem (Rusland se voorsiening aan Europa) maar ongelukkig sal die wat daarmee gaan werk in Suid-Afrika te uncompatent wéés en die land opblaas… Gaan dit nooit tot ‘n einde kom nie!! Welkom in donker Afrika.