Fase 4-beurtkrag gou weer ingestel

(Argieffoto: Steve Johnson/Unsplash)

Fase 4-beurtkrag sal Woensdagaand om 20:00 in werking tree en môre tot 05:00 duur.

Daarna sal fase 2-beurtkrag tot 20:00 ingestel word, gevolg deur fase 4 wat tot Vrydag om 05:00 sal geld.

Eskom sal dan ’n vooruitsig vir die naweek gee.

Die kragvoorsiener skryf die afwisseling tussen fase 2- en 4-beurtkrag toe aan drie van sy opwekkingseenhede wat onklaar geraak het.

Eskom sê 16 193MW is tans weens onbeplande onderbrekings onbeskikbaar, terwyl 6 171MW aan beplande instandhouding afgestaan word.

Altesaam 2 100MW se opwekkingskapasiteit behoort na verwagting teen Vrydag beskikbaar te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Philip ·

So foeter dit maar voort danksy die voortreflike klomp swape wat in beheer is.

KB ·

Kan ons nie net vra vir die wegjaag vd “minister” nie. Hy’s “U.S”….

Aggie ·

Dis nou tyd dat die minister-doktor van krag verwyder word! Die belastingbetaler kan nie langer sy uitspatige salaris dra nie, terwyl hy niks uitrig nie!

Leon ·

Ek is ook nou al onklaar met al die eenhede wat gedurig onklaar raak!!

Fubar ·

Onklaar, nê? Lekker woord. Pas by ‘n land wat onklaar gemaak is deur die ANC regering.

Papsak ·

Wat tog nou weer fout anc flip uit krag se pad julle veroorsaak dit ons weet dit julle mors hierdie land net verder op

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.