Fase 4-beurtkrag nou ingestel

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Basil James/Unsplash)

Alhoewel die kragvoorsiener voorheen bevestig het dat fase 2-beurtkrag Sondag ons voorland sal wees, is daar Saterdagmiddag besluit dat fase 4 byna die ganse Sondag van krag sal wees.

“Na die verlies van nog vier opwekkingseenhede Saterdag en die vereiste om noodreserwes aan te vul, sal fase 4-beurtkrag tot Sondag 16:00 geld,” sê Menzi Mngomezulu, woordvoerder van Eskom.

Eskom sal Sondagmiddag ’n verdere opdatering publiseer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.