Fase 4-beurtkrag Saterdag ingestel

Argieffoto

Kragonderbrekings het Saterdagoggend na fase 4 opgeskuif “weens ʼn gebrek aan bykomende opwekkingsvermoë wat ʼn daling in invoere van Mosambiek insluit”, het Eskom Saterdag gesê.

“Die situasie bly plofbaar en ons sal moontlike verdere beurtkrag moet instel as die situasie vererger. Afhangend van hoe vinnig ons die kragtoevoer kan herstel, kan dit ʼn impak hê op die prognosis vir Sondag en volgende week.”

Eskom sou Saterdag fase 3-beurtkrag toegepas het, maar het dit om 12:00 na fase 4 verander weens ‘n gebrek aan bykomende opwekkingskrag van Mosambiek.

Beurtkrag word toegepas wanneer daar nie genoeg kapasiteit is om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen nie. Beurtkrag word dan toegepas om elektrisiteit te bespaar en druk op die kragnetwerk te verminder. Fase 4 bespaar 4 000 MW. Beurtkrag word ingestel as die laaste uitweg om die kragnetwerk te beskerm teen ʼn algehele ineenstorting.

“Ons doen steeds ʼn beroep op inwoners en ondernemings om elektrisiteit spaarsamig te verbruik. Skakel asseblief geysers en nienoodsaaklike beligting en elektrisiteitstoestelle af.”

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Hoewel beurtkrag dikwels veroorsaak word deur ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit, kan daar ook ander oorsake wees soos ʼn tekort aan steenkool, weersomstandighede of voorraadinvoerprobleme.

Beurtkrag sal voorafgegaan word deur ʼn kennisgewing deur Eskom, hoewel dié kennisgewing soms op kort kennisgewing uitgereik kan word. Indien jou krag af is sonder dat Eskom beurtkrag aangekondig het, is dit waarskynlik weens ander redes soos tegniese probleme of kabeldiefstal.

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webwerwe besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

*Hierdie berig is bygewerk sedert dit aanvanklik gepubliseer is. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

willie ·

Na middernag sal dit stage 4 wees is reeds aangekondig!
Zumta beurkrag begin nou stukrag kry!

John ·

Invoere uit Mosambiek… lanklaas daarvan gehoor… So eintlik betaal ons groot geld vir Mosambiek om Eskom se vuilwerk te doen… Prognose… Wie’s die breinspesialis in die’ geval of moet hy ook ingevlieg word… Ons gaan uitdood diè winter…

Invoere uit Mosambiek? ·

Cahora Bassa dam se hidroelektrisiteit se opwekkings vermoeë is 2,075 MW
Jy sien die kragdrade as jy Noordwaarts deur die Kruger Wildtuin ry

JohanL ·

Die Cahora Bassa se opwekkingsvermoe is 2075 MW. Hoeveel daarvan kry Suid-Afrika? Wat is die ooreenkoms?

Die Cahora Bassa is dus net “deel van die probleem” en nie die werklike rede vir fase 4 die afgelope paar dae nie. Volgens berig in Fin24 het SA 900MW verloor agv Cahora Bassa probleme in die sikloon. So die ander 3000MW is interne probleme by Evkom.

BlinkStephaans ·

Tenminste het hulle darem tyd gevat om ñ nuwe verskoning uit te dink…. die nat en swak gehalte steenkool… en swak ontwerpte kragstasie verskoning het bietjie holrug geraak. Ons sal nou maar kyk hoe lank kry Mosambiek die skuld. Ai ouens julle kan nou maar hoe kreatief raak met verskonings… julle kan lankal nie meer jul onbevoegdheid daarmee wegsteek.

Roberto Betta ·

The most inefficient government this country has ev

Stripes ·

Mosambiek sit sonder krag so die anc moet hulle boeties uithelp.

Jean ·

Nee Mozamiek sit nie sonder krag nie, hulle het die grootste hydroelectric krag stasie in suiderlike Afrika by die Cahora Bassa Dam wat direk krag voorsien aan die Apollo kragstasie in JHB

Avra ·

Old saying: Charity begins at home. Skakel al die spreiligte oral af en siedaar. Sit Seweto se krag ook af. Dis hulle wat die meeste skuld.

Liezl ·

Hierdie is Eskom kaping sodat African rainbow energy & Power die enigste alternatief kan wees en die 3 swaers, Ramaphosa, Radebe en Motsepe se biljoene nog meer kan groei en die res meer kan verarm. Korrupsie is die enigste motief

Jerry ·

SA benodig dringend n privaat maatskappy om krag te voorsien. Eksdom sal nie regkom in die volgende 500 jaar nie.

Nita ·

Hierdie regering kan absoluut niks in stand hou of aan die gang hou nie. Noem maar op: Rioolwerke, paaie, behuising, SAL. Eskom,SABC. You name it. It is all going down the drain.

Anoniem ·

Dit nou so gaan, dink net wanneer die winter hier is. Yoh, die banana regering…

Boet Fasie ·

Dit is hoekom ons na rommel status toe gaan , niks werk meer nie , die land is een groot rommel hoop wat se dit van die ANC

Anel ·

En hoe minder krag hulle aan ons voorsien, hoe minder geld kry hulle in. En dan wil hulle meer geld vra! Lyk my nie hulle verstaan mooi dat as hulle nie die krag voorsien nie, kan ons nie daarvoor betaal nie. Ai tog. Die tor het nou behoorlik amok gemaak in daai brein. Patesties!

jaco ·

ek sidder vir die dag wanneer ‘n regstellende aksie aangestelde werker by Eskom die verkeerde knoppie by Koeberg kernkragstasie druk. Dadelik sal amper 4 miljoen mense in kaapstad deur die gevare van nuclear meltdown bedreig word…

Boet Fasie ·

Het maar ‘n paar rand gevat en ‘ n kragopwekker gekoop want ek sien Eskom is besig om te vou , gaan maar volgende kyk na sonpanele. dan is ek klaar met Eskom ?

Oujongvrou ·

En in elke dorp en stad brand die straatligte helder oordag. ?

Boet Fasie ·

Oujongvrou – die probleem is dat die mense in beheer van die munisipaliteite en dorpe het nog nooit krag betaal nie so hoekom sal hulle die ligte afsit bedags en spaar. Kyk maar hoe brand sport stadions se spreiligte bedags na ‘n byeenkoms vir ‘n paar dae.

Elsie ·

Voer SA nog steeds elektrisityd uit na Zimbabwe, lesotho en ander buurlande?

fanie ·

Dood het altyd n oorsaak en hierdie oorsaak is die anc wat die land wil bestuur maar kan nie eens n logiese redenasie voer nie wat se nog n land bestuur hulle is net een woord pateties en verstandeloos

Essie ·

Ek wil net weet hoekom moet daar straatligte helder oordag in gedeeltes van die Kaap moet brand

Johannes ·

Die piesangrepubliek waarvoor Suid-Afrikaners gestem het…

Jozi ·

Dit vat nie veel om my opgewonde te maak oor die lewe nie.
Maar as ek wakker word en mik vir die ketel vir my oggend koffie en daar gebeur niks kan ek nogal m@#rig raak.
Blerrie Eskom……

susan ·

Dit is so. Julle tokkel almal op dieselfde snare laat dit julle beter voel? Gaan die krag aan na julle gekerm?

Susan ·

So skep die regering miljoene want al die generators wat nou verkoop word het die regering een of ander hand in die pie

Manie ·

Wie kan uitvind of die bestuur/ Direksie van Eskom ook beurte kry of is dit nie op veral hulle van toepassing nie.

Boet Fasie ·

Manie – die Direksie / bestuur van Eskom moet buurtkrag salarisse ontvang en geen prestasie bonusse nie, vries die aankoop van nuwe voertuie want hulle ry die beste op die mark met die beste kappies op die bakkies, maar hulle het nie geld nie.

Wonder ·

Ek wonder net of alle plekke inndie land beurtkrag het. My ouers bly in Klerksdorp en hulle het met die laaste sessie beurtkarg nog geen krag onderbreuking gehad nie. Vandag gaan ons vir 6 ure. Wonder hoekom dit so is?

Jaco ·

Dit bewys maar net weereens, die mense kan niks instandhou of self bou nie. Die land sal vergaan as dit nie op die skouers van wit mense steun nie. Daar moet beslis `n belasting revolusie begin word, ons gee ons geld om hulle aan die lewe te hou. Maar wat vir my die belaglikste is, is dat hulle nogsteed vir die ANC sal stem omdat die nie wit mense verteen woordig nie. Met sulke mentaliteid pla die my glad nie om hulle nie te help nie, want hulle kan nie hulle self eers help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.