Fase 4-beurtkrag vanmiddag in werking

(Argieffoto: Tracey Adams/ANA)

Eskom het aangekondig dat hy Woensdagmiddag fase 4-beurtkrag sal instel.

Die kragvoorsiener sê fase 4 sal van 15:00 tot 22:00 in werking gestel word weens ʼn buitengewone hoë vraag na elektrisiteit te midde van koue weer oor groot dele van die land.

Volgens Eskom sal beurtkrag boonop tot die naweek voortduur.

“Hierdie beurtkrag is nodig om noodreserwes te spaar en aan te vul, terwyl die stabiliteit van die kragstelsel gehandhaaf word,” het die kragvoorsiener verduidelik.

Fase 2-beurtkrag was ten tyde van dié aankondiging van krag nadat tien opwekkingseenhede by sewe kragstasies in die afgelope twee dae met tye onbeplande onderbrekings ondervind het.

Luidens die verklaring kon Eskom intussen opwekkingseenhede by die Tutuka-, Komati-, Hendrina- en Camdenkragsentrales herstel.

Onderbrekings word in hierdie stadium steeds by die Matla- en Krielkragsentrales ondervind.

Onbeplande instandhoudingswerk staan tans op 11 300 MW, terwyl beplande instandhoudingswerk 5 040 MW uit die netwerk haal.

Eskom het ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

Maak sommer stage 15 man
Die sisteem Bly verouderd volgens mnr de reyter
Gedog hy gaan n verskil maak, hy vaar slegter in my oe
Die Ander Ceo was ten minste eerlik en gese loadshedding is hier om te bly
Maar om die job te kry het Andre gese hy Sal eskom regkry
Covid het hom hom nogal gehelp, want op stage 5 Lockdown was amper Al’s toe
Toe kon hy maintenance doen soveel as wat hy wou
Nee toe kruip hy en Sy span Onder die bed weg ipv werk
Nou Bly afriforum stil, betaal die man af hy is n liegbek

Persheks Adri ·

#Tsek Eskom tsek ons is gatvol betaal vir patesiese dienste!

Snowball ·

Tsek is ‘n mooi woord. Die een in my gedagtes is aan die ander kant van die spektrum…

Persheks Adri ·

Ek het ander woorde om te gebruik, maar glo my hulle sal my “flag”. Dink jy weet wat ek eintlik wou sê!

LiveAndLetLive ·

Korrupsie en wanbestuur en ons betaal ten duurste vir krag.
Stel asb mense aan wat weet wat hulle doen ongeag vel kleur, dit is enigste manier om die land weer reg te kry.

Nico ·

Eskom is verantwoordelik vir sy eie skade, regstellende aksie speel ook ‘n groot rol daar is geen bevoegde ambagslui wat die werk kan doen nie. Die geskoolde en bevoegde ambags manne is weg gejaag. Daaris baie opgeleide mense daar buite maar word nie aan gestel nie, sit met swak opgeleide werkers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.